LPM doen aansoek om as politieke party te registreer
Die Landless People’s Movement (LPM) het vandag ‘n aansoek by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) ingedien om as ‘n politieke party te registreer. Die LPM se nasionale koördineerder vir logistiek en geleenthede, mnr. Ivan Skrywer, het die oorhandiging van die aansoek aan ECN se direkteur, mnr. Theo Muyoro, as ‘n “geskiedkundige dag” vir die beweging se jong leierskap beskryf.
Een van die vereistes om as ‘n politieke party te registreer, is om ten minste 3 500 handtekeninge van geregistreerde kiesers te hê, waarvan ten minste 500 uit sewe verskillende politieke streke afkomstig moet wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie