Low Key op geen lae noot
Helebe is uit en Dlomo in as derde aanspraakmaker op die wêreldtitel.
Tielman van Lill - Jeremiah (Low Key) Nakathila, uit die stal van die MTC Nestor Sunshine-boksakademie, gaan op 28 Desember sy Afrika-liggewigkroon van die Wêreldboksorganisasie (WBO) in Suid-Afrika op die spel plaas.
Nakathila, wat op 11 Oktober 2013 sy debuut as geldbokser gemaak het, sal in Kaapstad by die Kasteel de Goede Hoop teen Prince (The Demon) Dlomo van Suid-Afrika deur die toue klim.
Low Key sou eers teen die 33-jarige Toto (Gugs Gang) Helebe, van Suid-Afrika, die hanskoene aangetrek het. Maar weens onvoorsiene omstandighede het hy onttrek en Dlomo het sy plek ingeneem.
Helebe, van Gugulethu in die Wes-Kaap, is in die Oos-Kaap gebore en is eintlik ‘n kapokgewig wat met 26 gevegte spog, waarvan hy 19 gewen het en waartydens hy nege (35%) uitklophoue geplant het.
Hy was sewe keer aan die verloorkant en is twee keer uitgeslaan.
Helebe is tans die tweede aanspraakmaker op die Suid-Afrikaanse titel, terwyl Dlomo die sesde beste is.
Daarenteen is Dlomo, van Johannesburg in Gauteng, ‘n rasegte liggewig met 18 gevegte op sy getuigskrif, waarvan hy 10 (vier met uitklophoue, 25%) gewen het.
In sy ander agt gevegte was hy sewe keer aan die verloorkant (twee keer uitgeslaan) en het een keer gelykop geboks.
Dlomo, wat op 2 Julie sy buiging as professionele vegter gemaak het, en nog nie buite sy land geboks het nie, het in sy laaste vyf gevegte nie juis ‘n aardskuddende rekord losgeslaan nie.
Op 29 Junie 2017 klop hy vir Jason Bedeman (Suid-Afrika) in Boksburg met punte, maar met sy volgende uitstappie op 27 Oktober 2017 teen Thompson Mokwana (Suid-Afrika) in Seshego, verloor hy met punte.
Sy derde (7 April 2018) en vierde (18 Mei 2018) geveg teen Xolani Mgidi (Suid-Afrika) en Gabriel Imalwa wen hy onderskeidelik met ‘n tegniese uitklophou (Kagiso) en met punte in Johannesburg.
Sy laaste teenstander van die Oos-Kaap is Siphosethu Mvula, wat hom in Oos-London op 21 Oktober 2018 met ‘n gelykopuitslag van ‘n oorwinning weerhou het.
Low Key
Nakathila is Namibië se WBO- superveergewig Afrika-kampioen, wat hy op 9 September 2017 in Windhoek teen Said Chino van Tanzanië met ‘n tegniese uitklophou beklink het.
Low Key was nog net een keer in sy 17 gevegte aan die verloorkant, en dit was op 18 November 2016 teen Evgeny Chuprakov in Ekaterinburg (Rusland), waar hy met ‘n omstrede puntebeslissing beroof is.
Dit was sy eerste en laaste geveg buite Namibië waar hy dié Rus vir die WBO se vakante interkontinentale superveergewigtitel gepak het.
Sedertdien het Nakathila gesorg dat hy in sy volgende vyf gevegte almal met ‘n tegniese uitklophou seëvier.
1 (2017-04-01, Ramatex-saal Windhoek) Varde Ndayambekwa (Namibië), 2 (2017-09-09, Windhoek Buiteklub en Kasino ) Said Chino (Tan), 3 (2017-12-02, Windhoek Buitekluboord en Kasino) Sibusiso Zingange (Suid-Afrika), 4 (2018-03-20, Ramatex-saal Windhoek) Patrick Okine (Ghana) en 5 (2018-08-03, The Dome Swakopmund) Wilson Masamba (Malawië).
Nakathila beskik oor ‘n redelike uitklophou en slaan in 65 rondes 71% (12 in 17 gevegte) van sy teenstanders uit, terwyl hy drie met punte oorskadu.
Nestor Tobias van die MTC Nestor Tobias-boksakademie sê Nakathila is die WBO se derde aanspraakmaker (ná 1 Evgeny Chuprakov en 2 Francisco Vargas) op sy wêreldtitel, wat tans deur die 27-jarige Masayuki Ito van Japan gehou word.
Ito het vroeër vanjaar op 28 Julie die kroon teen Christopher Diaz (Puerto Rico) in die VSA opgeraap.
Ito stap op 30 Desember in Japan teen die einste Chuprakov in die kryt waar hy sy titel in Ota-City gaan verdedig.
“Omdat hy tans nommer drie op die WBO-ranglys is, is die geveg vir Nakathila bitter belangrik. Twee dae ná sy geveg in Kaapstad gaan Ito en Chuprakov hul ding in Japan doen. Indien Ito sy titel verloor, sal Nakathila na die tweede posisie opskuif.
“Dus sal hy dié geveg in Kaapstad moet wen, want enigiets kan gebeur, en dan moet hy reg vir sy volgende geveg wees. Low Key is beslis Namibië se volgende wêreldkampioen, en ons sien uit daarna om hom in 2019 vir die wêreldtitel te laat veg," het Tobias gesê.
Nakathila is teleurgesteld daarin dat hy nie meer teen Helebe kan baklei nie, maar sien steeds na sy geveg teen Dlomo uit.
“Dit is nou jammer dat ek nie meer teen Helebe kan boks nie, maar dit maak nie saak nie, want ek is gereed om teen enige bokser deur die toue te klim om my kanse op die wêreldtitel te verbeter. Ek sal, soos altyd, my bes doen om my Afrikatitel suksesvol te verdedig, en my gordel vir die vyfde keer te verseker,” sê Nakathila.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie