Louw oor skootrekenaars geskors
Ogone Tlhage – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het sy tegniese direkteur, mnr. Milton Shaanika Louw, geskors ná hy glo vyf ECN-skootrekenaars verpand het.
“Ek kan bevestig hy is geskors,” het mnr. Theo Mujoro, die ECN se uitvoerende hoof, gesê.
Louw het die vyf ECN-skootrekenaars na bewering kort voor verlede jaar se verkiesings by ’n plaaslike pandjieswinkel verpand. Hy het die skootrekenaars later glo aan die ECN terugbesorg.
Toe gerugte ontstaan dat Louw die skootrekenaars verpand het, het hy beweer dit was deel van ’n plan om te wys daar is met die verkiesingsuitslae gepeuter en dat stemme van die Swapo-party gesteel is. Mujoro het nie aangedui of ’n ondersoek na die voorval reeds gelas is nie en of Louw al voor ’n dissplinêre komitee verskyn het nie.
Dit is ook nie duidelik of Louw met betaling geskors is nie.
Die bestuurder van ’n pandjieswinkel in Windhoek het op voorwaarde van anonimiteit gesê Louw het geld teen die vyf skootrekenaars geleen, wat hy terugbetaal het.
“Toe hy ons geld terugbetaal, het ons die skootrekenaars teruggegee. Hy het dit voor die verkiesings teruggekry,” sê die bestuurder.
Louw is in Desember op ’n klag van diefstal in hegtenis geneem.
Hy is vrygelaat op N$4 000 se borgtog en moet op 13 Maart weer in die hof verskyn.
Louw kon nie vir kommentaar oor die skorsing bereik word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie