Losskakel verken Poolse liga
Rugby
Andrew Poolman – Die Namibiese losskakel PW Steenkamp het hom verlede week by die Poolse rugbyklub Orkan RC Sochaczew aangesluit.
Die 23-jarige Steenkamp is die afgelope paar seisoene in die 10-trui van die Universiteit van Johannesburg gesien. Nadat die Varsity-bekerreeks egter deur die Covid-19-inperkings beëindig is, het hy na die familieplaas in die suide van Namibië teruggekeer.
Hy het sy studies in logistiek en verskaffingskettingbestuur aanlyn voltooi, voordat hy enkele weke gelede die aanbod uit Pole aanvaar het.
Die rugbyklub Orkan RC Sochaczew, sowat een uur se ry wes van die hoofstad Warskou, bevind hom oorwegend in die middel van die punteleer van tien spanne in die Poolse liga, maar het in sy ambisies belê deur spelers van onder meer Namibië, Suid-Afrika en Argentinië te kontrakteer.
Steenkamp se kontrak is tot in November geldig.
Die oudskolier van Privaatskool Elnatan op Stampriet het die land by die o.18 Cravenweek, asook by die 2017 Wêreldrugby O.20 Trofee-toernooi in Uruguay verteenwoordig.
Die volgende jaar het hy sy toetsdebuut van die bank af in 'n Afrikabeker-oorwinning teen Uganda gemaak.
Die laaste van sy agt toetse sover was die nederlaag teen Rusland in Montevideo, Uruguay, in Junie 2019.
Ná ’n stewige provinsiale seisoene vir die Windhoek Draught Welwitschias en betekenisvolle vordering in die 2018 SuperSport-reeks, is hy allerweë as een van die mees ongelukkige spelers beskou wat deur afrigter Phil Davies vir sy Wêreldbeker-toergroep na Japan oor die hoof gesien is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie