Los TransNamib uit, su00ea vakbond
Los TransNamib uit, su00ea vakbond

Los TransNamib uit, sê vakbond

'n Vakbond eis die afdanking van die TransNamib-direksie en vra die lynministerie moet die bestuur van die nasionale spoorwegmaatskappy oorneem.
Augetto Graig
Augetto Graig - Leiers van die Namibiese Vervoerwerkersunie (Natau) is woedend oor berigte dat die nasionale spoorwegmaatskappy, TransNamib, geprivatiseer of ontbind sal word.

Dit is ook ten sterkste gekant teen enige planne om dele van die staatsonderneming ten koste van 723 werksgeleenthede te sluit.

“Is ons gevra hieroor; ek of jy wat die ware eienaars van die nasionale bate is?” wou Natau se sekretaris-generaal, mnr. John Kwedhi, weet. Hy het Donderdag by die vakbond se ­hoofkantore in Katutura gekla dat Natau geen amp­telike inligting oor verwikkelinge by TransNamib ontvang het nie, desondanks sy status as die erkende onderhandelaar vir die spoorwegwerkers.

Hy sê Natau vind deur middel van mediaberigte uit van planne om groot dele van TransNamib te sluit of verkoop. Die planne is in die openbaar genoem deur die ­voorsitter van die TransNamib-raad, mnr. Paul Smit, en meer onlangs het die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, ook oor die moont­likhede gepraat. “Tot nou toe is die vakbond glad nie ingelig oor hoe arbeidskwessies deur die voorstelle geraak sal word nie,” het Kwedhi gesê.

Volgens Kwedhi het die Trans­Namib-raad ingevolge die toepaslike wette in elk geval nie die reg om die maatskappy te herstruktureer of te verklein nie, ten minste nie sonder die toestemming van die lynministerie nie. “Ons wonder of die wet toegepas of aan voldoen word,” het hy gesê. Kwedhi plaas die blaam vir die spoorwegmaatskappy se huidige ­toestand voor die raad se deur. “Die raad se gedrag dien nie in die belang van hierdie nasie nie. Ons weet nie in wie se belang hulle dien nie,” het hy gesê.

Die vakbond doen 'n beroep op die regering om binne twee weke in te gryp, anders sal dit self die vereiste veranderinge maak. “TransNamib is deur die werkers opgebou, nie deur bestuurders nie. Ons het die vermoë om die onderneming te bestuur en as hulle nie reageer nie, sal ons dit self doen,” sê hy.

Hy wil ook weet hoekom Smit self briewe aan TransNamib-bestuur skryf om hulle af te dank, terwyl werkskwessies gewoonlik deur die maatskappy se department vir mens­like hulpbronne hanteer word.

“Dit is walglik dat swart bestuurders kennisgewings van die raadsvoorsitter en sy medepligtiges moet ontvang om hulle in te lig dat hul kontrakte nie hernu sal word nie. Is daar geen wit bestuurders by Trans­Namib nie? Hoekom word hul name nie genoem nie? Hoekom kry hulle nie soortgelyke kennisgewings nie?” Volgens Kwedhi is dit 'n belediging wat voorgee dat die geldelike ­probleme van die spoorweë als die skuld van swart bestuurders is. “As die geldelike probleme van TransNamib die bestuur se skuld is, moet alle koppe onmiddellik rol, ongeag hulle swart of wit is,” sê hy.

Die vakbond eis dat TransNamib onmiddellik onder die bestuur van die ministerie van werke en vervoer geplaas word totdat stabiliteit weer heers. Dit eis ook die afdanking van die raad weens 'n tekort aan nodige leierskap. “Ons versoek die regering om te verseker ons nasionale bates bly in die hande van die nasie. Maak seker dat diegene wat vertrou word met die leiding en oorsig van staatsondernemings, die toepasbare wette volg, maar ook die sosiale, ­politieke en ekonomiese behoeftes van die land in ag neem.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%