Los logistiekkern, sê kenner
’n Navorser meen Namibië moet sy droom herevalueer om die logistieksentrum in Suider-Afrika te word.
Denver Kisting – ’n Onafhanklike navorser en konsultant, mnr. Rainer Ritter, sê Namibië moet sy hoop laat vaar om ’n logistiekkern te word.
Hiernaas, sê hy, moet Namport, die staatsonderneming gemoeid met die land se hawens, kundiges op die gebiede van logistiek en vervoerekonomie in sy bestuur en raad aanstel.
Volgens hom sal dit dié staatsonderneming se bestuur help opskerp.
Ritter beveel aan alle kapitaalprojekte, selfs dié waarvoor reeds begroot is, moet onmiddellik gestaak word.
Dit geld veral vir die beplande opknapping van die Walvisbaai-Kranzberg-spoorlyn wat na verwagting nagenoeg N$5,5 miljard sal kos, sê hy.
Die navorser raai Namport aan om in professionele kostevoordeelontleding te belê om hulle in staat te stel om voorkeur aan die ekonomies mees voordelige projekte te verleen.
Tydens ’n geleentheid van die Ekonomiese Vereniging van Namibië (EAN) het Ritter gisteroggend gesê die gehalte van voorleggings aan die kabinet moet ook verbeter.
‘Vergelyk kostes’
Hy sê Walvisbaai se hawekostes moet op streekvlak en internasionaal vergelyk word. Dié studie moet volgens hom ook deur professionele lui aangepak en uitgevoer word.
Ritter meen Namibiese hawens se tariefsruktuur moet gunstig vir nywerheidsontwikkeling en uitvoere wees.
Die navorser sê in sy verslag deel van die land se ontwikkelingsagenda is om hom as ’n logistiekkern te vestig. “Namport speel ’n deurslaggewende rol in dié ontwikkelingsdoelwit, omdat die strewe net verwesenlik kan word as wêreldgehalte-infrastruktuur bestaan.”
Dit sluit ’n goeie pad- en spoornetwerk, goedkoop elektrisiteit en moderne hawens en lughawens in, lui sy verslag.
Hy sê hy het ’n indiepteondersoek gelas om vas te stel tot watter mate reuseplanne, wat nagenoeg N$20 miljard beloop, die land in ’n logistiekkern kan omskep.
Dié bedrag verteenwoordig die verwagte koste van verskeie beplande kapitaalprojekte.
Ritter is van mening die land se droom om as logistieke sentrum te ontpop, is nie op behoorlike navorsing geskoei nie.
Volgens hom sal die blote feit dat in groot infrastruktuurontwikkeling belê word nie noodwendig beleggers lok nie – veral as ander hawens teikenmarkte meer mededingende tariewe en korter afstande bied.
Republikein het me. Taná Pesat, Namport se woordvoerder, gister om kommentaar oor Ritter se verslag genader.
Sy het teen gistermiddag nog nie geantwoord nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie