Lorriedrywers se paspoorte geprioritiseer
Lorriedrywers se paspoorte geprioritiseer

Lorriedrywers se paspoorte geprioritiseer

Hoewel Jan en Sus Alleman tans om 'n nuwe paspoort mag aansoek doen, sal die owerhede nie “hulpbronne verkwis” deur dié dokumente nou te druk nie.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die ministerie van ­binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit sê by monde van sy woordvoerder, mnr. Sakeus Kadhikwa, om paspoorte te druk terwyl die landsgrense gesluit is, kom neer op die verkwisting van hulpbronne.

Hy het gereageer op inligting dat dié ministerie tans net aan vragmotorbestuurders paspoorte uitreik. Volgens Kadhikwa is dit nie waar nie.

Hy gee wel toe in dié stadium druk hulle net paspoortaansoeke van lorriedrywers en mense in nood.

“Ons gee net voorkeur aan vrag­motorbestuurders en mense in noodgevalle.”

Kadhikwa voer aan almal mág tans om 'n nuwe paspoort aansoek doen.

Dié aansoeke sal verwerk, maar nie gedruk word nie.

“Daardie paspoorte sal nie binne­kort vir druk gereed wees nie. Ons sal net hulpbronne verkwis. Niemand mag tans reis nie.”

Kadhikwa het voorts gesê 'n aantal paspoorte lê en wag by die ministerie om afgehaal te word.

Volgens hom het hulle die agterstand wat voor die staat van inperking bestaan het, uit die weg geruim.

Sou sekere paspoorte uit daardie tydperk nie gedruk gewees het nie, was dit omdat daar probleme was met die betrokke aansoek, beweer hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-06-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer