Lorriedrywers neem aanstoot oor MIV-stigma
Lorriedrywers neem aanstoot oor MIV-stigma

Lorriedrywers neem aanstoot oor MIV-stigma

Die vakbond vir vragmotorbestuurders sê drywers word ongeregverdig as verspreiders van MIV/vigs beskuldig en dit het onder meer 'n uiters negatiewe impak op hulle én hul families.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – Die lorriebestuurders se vakbond Solidariteit het ’n beroep op verslaggewers, navorsers en voorspraakgroepe gedoen om op te hou om hulle vir die verspreiding van MIV/vigs te blameer.

Solidariteit se leier, mnr. Joseph Garoeb, sê lorriebestuurders kan nie langer die blaam vir MIV/vigs dra nie en sê hul families word weens die stigma uitmekaargeskeur.

“As mense sê dit is die lorriebestuurders wat vigs die land inbring, kyk ons vroue en kinders na ons en wonder of dit ons insluit. Inteendeel, sommige lede sê hul vroue dring aan dat hulle kondome gebruik as gevolg van hierdie mediaberigte,” het hy gesê.

Volgens hom is sommige van die 500 lorriedrywers wat tot die vakbond behoort, nou bang van om “hul nekke in die openbaar uit te steek”.

Mnr. Ismael Nanub, wat reeds vir sowat 38 jaar lorries bestuur, sê hy kan nie eens ’n koppie tee of koeldrank met sy kinders deel nie as gevolg van die persepsie wat deur dié berigte geskep word.

“Ons kinders word by die skool geboelie en vertel ‘jou pa is siek, moenie met ons speel nie, jy sal ons ook siek maak’. Ons vrouens wil kondome gebruik en selfs al sê ons dat ons saam vir ’n toets moet gaan, vertrou hulle ons steeds nie,” sê hy.

Mnr. Erastus Witbeen, wat al meer as 27 jaar 'n lorriedrywer is, sê die regering moet die ministers toets wat vir amptelike sake na ander lande gaan.

“Ons weet ook sommoge ministers dra siektes en is betrokke by mense, hoekom word hulle nie ook soos lorriebestuurders in die kalklig geplaas nie,” het Witbeen gevra.

Nog ’n lid van die vakbond, mnr. Reinhardt Ochs, sê dit blyk vigsaktiviste beeld lorriebestuurders as die sondebokke uit.

“Hoekom kan hulle nie die Verenigde Nasies se oorgangsbystandsgroep (Untag) hiermee verbind nie? Ons weet voor Untag het ons mense ook lorries bestuur en daar was nie vigs nie, maar nou, ná Untag, versprei vigs. Hoekom word polisiebeamptes wat vir maande op vredesendings gaan, nie ondervra of gevallestudies oor gedoen nie? Is die lorriedrywersektor ’n maklike teiken?” het Ochs gevra.

Ochs het ook ’n beroep gedoen op aktiviste wat lorriebestuurders daarvan beskuldig dat hulle jong meisies as sekslawe aanhou, om met bewyse vorendag te kom.

“Laat hulle kom en ons vertel watter man het watter meisie na watter plek geneem. Hulle kan nie net sulke algemene stellings maak nie. Op die ou end is ons kinders agterdogtig oor ons en selfs ons vroue wonder of hulle saam met pedofiele woon. Dit is absoluut onregverdig,” het hy gesê.

Beide streeks- en plaaslike organisasies werk daaraan om die uitdagings van lorriebestuurders te verbeter – veral as dit kom by stilhouplekke vir lorries waar daar dikwels ’n oorvloed sekswerkers beskikbaar is.

In 2014 het die Walvisbaai Korridorgroep ’n kliniek vir lorriebestuurders geopen. Johnny Smith, die destydse groephoof, het gesê die groep “probeer om aan die gesondheidsbehoeftes van lorriebestuurders te voldoen wat ’n risiko loop om met MIV besmet te raak. Die gesondheidsentrum is strategies geleë om na die behoeftes van lorriebestuurders om te sien wat skaars kans kry om hulle van hul gesondheidstatus te vergewis. Dit sal ook ’n diens aan Angolese bied wat oorgrens in Namibië werk.”

’n Studie deur die “Joernaal van Infeksie en Openbare Gesondheid” het die behoefte beklemtoon om voortdurend MIV-inligting en voorkomingsveldtogte van stapel te stuur. Dit moet fokus op die spesiale behoeftes van werknemers wat in die substreek rondbeweeg. In die studie is ook gesê dat private kontrakteurs nie genoeg steun aan hul werknemers verleen nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%