Lorriedrywer vandag in hof oor dwelmvrag
Ronelle Rademeyer – 'n Vragmotorbestuurder sal vandag in die landdroshof op Springbok in die Noord-Kaap verskyn op klagte wat met die onwettige handel in dwelms verband hou.
Hy is in hegtenis geneem nadat dwelms ter waarde van sowat N$1,2 miljoen in die lorrie gevind is waarmee hy na Namibië onderweg was.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, het gister by navraag bevestig die 50-jarige lorriedrywer is die naweek in hegtenis geneem en sal vandag in die hof verskyn.
Die vragmotor met hom agter die stuurwiel was met noodsaaklike kosvoorrade vanaf die Wes-Kaap na Namibië onderweg toe dit voorgekeer is.
Ramatseba sê die vragmotor is voorgekeer en deursoek toe die polisie van Springbok Saterdag die N7-pad naby Okiep gepatrolleer het.
Netwerk24 het berig 4 552 Mandrax-tablette, 395 gram tik en 126 kg dagga is onder meer in die vragmotor gevind. Meer as R5 000 se kontant is ook in die lorriedrywer se besit gekry.
Adj.komm. Nelius Becker, hoof van die Namibiese polisie se ernstige misdaadondersoekeenheid, sê vragmotors was nog altyd 'n gewilde manier om versteekte dwelms oor die grens te smokkel, veral vanuit Suid-Afrika.
Hy sê daar was selfs 'n geval waar dwelms deur Botswana na Namibië gesmokkel is en die lorrie deur vier grensposte beweeg het sonder dat die dwelms ontdek is.
Becker sê 'n toename in dwelmverwante sake is ondervind in die tyd toe die drankverbod as deel van die inperkingsmaatreëls gegeld het. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie