Lorriedrywer van Gobabis dood langs SA pad gevind
Ronelle Rademeyer - ’n Direkteur van die vervoermaatskappy Grain Carriers Namibia sal vandag op Coligny in Suid-Afrika se Noordwes-provinsie die liggaam van ’n 20-jarige lorriedrywer van Gobabis uitken wat Saterdagoggend dood in die veld naby dié dorp gevind is.
Mnr. Marius Esterhuizen, Grain Carriers Namibia se depotbestuurder, het gister by navraag bevestig vragmotor 502 het om Saterdag om 06:31 langs die pad tussen Coligny en Lichtenburg afgetrek.
Die 20-jarige mnr. Adriaan Labuschagne was die bestuurder.
Hy sê hy het sowat twee ure later ’n oproep ontvang waartydens hy in kennis gestel is Labuschagne se liggaam is in die veld ’n ent van die vragmotor af gevind.
Mnr. Tobie Spangenberg, een van die vervoermaatskappy se direkteure, het dieselfde dag na die toneel deurgery, sê Esterhuizen.
“Hy sal môre (vandag) sy liggaam gaan uitken.”
Labuschagne se naasbestaandes is kort ná die vervoermaatskappy die nuus ontvang het deur ’n predikant van Gobabis van sy dood in kennis gestel.
Verskeie van sy vriende het intussen in plasings op sy Facebook-blad hul skok en hartseer uitgespreek.
’n Oudskoolmaat skryf: “Adriaan, ek het sopas die slegte nuus gekry (en) ek weet ek praat net op Facebook en jy hoor of sien my nie. Maar jy was regtig ’n goeie mens, ek onthou net goeie goed van jou en hoe jy my altyd maak lag het op skool . . .”
Labuschagne word deur sy vriende as ’n “special mens” beskryf en iemand “wat diep spore los”.
’n Plasing oor die voorval het ook op die Facebook-blad SA Long-Distance Truckers verskyn.
“Dit is verskriklik. So hartseer. Ons vragmotorbestuurders gaan deur verskriklike tye in 2019. So baie gevaar, stres, haat daar buite . . .” skryf Laureen Bertin.
George Ntarafo skryf: “Vragmotorbestuurders, ons moet harder bid ten einde die druk in die bedryf te oorleef.”
Esterhuizen wou nie die omstandighede rondom sy dood bespreek nie en sê die ondersoek is in die Suid-Afrikaanse polisie se hande.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie