Lorriedrywer met nege lewens

12 June 2019 | Ongelukke
Tanja Bause - Ses mense het gister die dood vrygespring in 'n bisarre ongeluk waarin twee voertuie en 'n trein betrokke was.

Net ná 07:00 was ‘n vragmotor en ‘n ligte vragmotor in ’n trompop botsing op ’n brug op die B2-hoofpad tussen Usakos en Karibib.

Die vragmotor se bestuurder, mnr. Petta Beukes (28), het ná die ongeluk beheer oor die voertuig verloor. Dit het deur die veiligheidsversperring op die brug gebars en op die treinspoor beland. ’n Aankomende trein het teen die vragmotor gebots en dit onder die brug ingesleep.

Volgens die Namibiese polisie het die bestuurder van die ligte vragmotor, mnr. Gideon Iileka, wat van Karibib na Usakos op pad was, probleme met sy vragmotor se as opgedoen. Dit het veroorsaak dat hy aan die linkerkant van die pad beland en teen die aankomende vragmotor gebots het.

Mnr. Stefanus Indongo (26) en mnr. Jagger Araeb (26), wat passasiers in onderskeidelik die vragmotor en ligte vragmotor was, is lig beseer. Die treindrywer, mnr. Nicklaas Pienaar (54), en sy assistent het geen beserings opgedoen nie.

Volgens mnr. Francois Cronje van 'n insleepdiens is die lokomotief weens die impak van botsing van die spoor af. Die trein was van Walvisbaai af op pad.

“Die bestuurder en sy passasier het nét betyds uit die vragmotor geklim toe dit op die treinspoor beland het, sekondes voordat die trein dit getref het. Dit is ’n wonderwerk.”

Volgens Cronje het die vragmotor se “as, diff en wiele op die brug agtergebly”.

“Die pad is oop vir verkeer, maar die trein en vragmotor sit nog onder die brug vas. Dit sal nog ’n hele ruk vat voordat dit opgeruim sal wees, want die lokomotief alleen weeg ’n hele paar ton. Dit moet weer op die spoor getel word. Ons wag op die nodige swaar masjinerie om die toneel te kom opruim,” het hy gesê.

Teen druktyd het TransNamib nog nie sy beloofde persverklaring uitgereik nie.

Soortgelyk

 

Dringende kragonderbreking op Rehoboth, Windhoek-suid

1 dag gelede | Energie

NamPower het aangekondig dat 'n kragonderbreking vandag vir Rehoboth en suidelike dele van Windhoek tussen 10:00 en13:00 geskeduleer is. "Die kragonderbreking is beplan sodat dringende...

Studente eindelik geholpe

1 dag gelede | Onderwys

Die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) sê die 12 624 nuwe studente wat vanjaar aanvanklik nie finansiële hulp sou ontvang nie, gaan nou wel ondersteuning ontvang....

Kabinet sê ja vir Chinese tabakplaas

1 dag gelede | Ministeries

Ronelle RademeyerDie kabinet het die groen lig aan die Chinese tabakverbouer- en verspreider Namibia Oriental Tobacco gegee om 10 000 ha grond in 'n staatswoud...

Be­drog­saak sloer 7 jaar

1 dag gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Sewe jaar nadat ’n bedrogsaak van sowat N$4 miljoen teen twee voormalige boekhouers van Mariental aanhangig gemaak is, moes dié verhoor vandeesweek...

Kinderregte eerste!

1 dag gelede | Mense

Sondag word die Dag van die Afrikakind gevier. Daar is meer as 880 000 kinders jonger as 15 jaar in die land, toon die jongste...

'Nimt-moordenaar' sê sy bekentenis was vals

1 dag gelede | Howe

Erwin Leuchner op SwakopmundDie ambagsdosent wat aangekla is van die dubbele skokmoord op Arandis sê hy het net 'n bekentenis aan die polisie afgelê omdat...

Weer, Vrydag 14 Junie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en koud tot warm in die Suide. Elders sal dit mooiweer en warm tot baie warm wees.KUS: Sonnig, winderig en warm tot baie...

Kalender 14 Junie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Sluit by die Windhoek-DBV aan vir hul jaarlikse fondsinsameling vir troeteldiere sonder huise. Tydens Animals by Night sal talentvolle Namibiese...

Operasie Kalahariwoestyn eis eerste slagoffer

1 dag gelede | Polisie

Francoise Steynberg - Operasie Kalahariwoestyn het sy eerste slagoffer geëis toe ‘n taxibestuurder vroeg gisteroggend in die Greenwell Matongo-nedersetting in die Wanaheda-woonbuurt in die hoofstad...