Looneise en die resessie
Buiten vir die kishou wat die resessie die boubedryf toegedien het, staar konstruksie ook nou stakings in die gesig weens eise vir beter lone en ander voordele.
Duisende konstruksiewerkers – byna die helfte van die arbeidsmag in die sektor – het reeds die afgelope jaar hul werk verloor.
Die Federasie vir Konstruksiebedrywe in Namibië (CIF) bied ‘n verhoging van 2,5% aan teenoor die Metaal- en Verwante Werkersunie van Namibië (Manwu) se eis van 13%, wat aansienlik meer as inflasie is. Die vakbond se bykomende eise vir ander verbeteringe in diensvoorwaardes sal volgens die CIF arbeidskoste 70% duurder maak.
Die sowat N$3 000 as minimumloon waarvoor konstruksiewerkers tans werk, is nie in taai tye baie geld nie. Almal verstaan dit.
‘n Krisis soos die een waarin die totale ekonomie huidig verkeer, vereis nietemin kompromieë deur almal.
Vir die CIF is dit belangriker om vir nou bestaande werkgeleenthede te beskerm. As daar aan die minimumeise toegegee word, sal meer mense volgens die federasie werkloos wees.
Die CIF sê daar is sowat agt afhanklikes vir elke werknemer in die bedryf.
Hoewel die boubedryf dalk die ergste bloei, is geen sektor onaangeraak nie deur die inkrimping in groei wat verlede jaar begin het en nou in ‘n volskaalse resessie omgesit het. Onderhandelinge vir loon- en salarisverhogings gaan in baie bedrywe en by baie maatskappye moeisaam verloop.
Arbeidsregte is van die steunpilaarregte in die demokrasie. Tog sal werkgewers en vakbonde bedag moet wees om mekaar die hand te reik.
So sê ander
22 September 2017
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Diegene wat steeds behae daaruit put om die hoogs onsmaaklike uitval oor Tumi Morake, omroeper van Jacaranda FM, lewend te hou, bewys niemand ’n guns nie.
Diegene wat nie belang stel in vreedsame naasbestaan, wedersydse respek en sinvolle debatvoering nie – selfs binne die aanvaarbare grense van robuuste verskille – is tot nou die wenners in die debakel.
Dit is vir die Solidariteit-groep self om te besluit hoe hy sy lede se belange wil dien, maar leierskap is nie altyd om die meningsgolf te ry nie – eerder juis om sinvolle rigting te gee. Gaan voer die komende gesprek met Jacaranda FM en handel die kwessie af.
Die sentrale vraag is hoe mense in ’n land soos Suid-Afrika wedersydse kritiek en meningsverskille hanteer. Daaroor kan eerder in die komende weke ’n diskoers en gesprek gevoer word. En hopelik op ’n manier wat die begin van ’n nuwe protokol vir nasieskap is.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie