Lood met 'metaalskouers' terug op rugbyveld
Lood met 'metaalskouers' terug op rugbyveld

Lood met 'metaalskouers' terug op rugbyveld

Rugby
Tielman van Lill
Die Springbok-slot Lood de Jager kan in Sale se wegwed­stryd teen Harlequins Saterdag vir die eerste keer sedert 'n operasie in September weer op die rugbyveld wees.

De Jager het nou reeds drie skoueroperasies ondergaan.

Hy het verlede seisoen teen Leicester die skouer wat hy in die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland in Japan beseer het, weer seergemaak.

De Jager (28) kan die naweek oorweeg word, volgens rugbypass.com.

“Die groot man kan saam met Cobus Wiese oorweeg word, wat moontlik twee groot Suid-Afrikaners (teen Harlequins) beteken.

“Hy het 'n program wat nodig was vir sy terugkeer gevolg en daar is vir my gesê sy skouers is nou almal metaal!” sê Alex Sanderson, nuwe direkteur van rugby by Sale.

De Jager se landgenote Rohan Janse van Rensburg (senter) en Akker van der Merwe (haker) kan nog nie oorweeg word nie.

Janse van Rensburg sukkel met sy kuit en Van der Merwe het ook 'n beenbesering.

Sale is tans derde in die Premier­liga, met Harlequins vierde.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2026-06-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer