Londen se ikoniese swart taxi’s word groen
Die wêreld se mees gevorderde elektriese taxi is pas amptelik in Londen bekend gestel.
Die TX eCity, wat pas in Londen bekendgestel is, is ’n batteryaangedrewe taxi met aanvullende tegnologie om die afstand wat hy kan ry tot byna 650 km te verleng as dit nodig is.
Die Britse hoofstad is bekend vir sy ikoniese swart taxi’s, en die TX eCity lyk net soos die tradisionele weergawes. “Maar alles is nuut. Dit het ’n aluminiumbakwerk, ’n elektriese enjin met ’n reikafstandverlenging en die binnekant is grootliks verbeter. Maar belangriker nog: Dit bring skoon lug na Londen,” sê Chris Gubbey, uitvoerende hoof van The London Taxi Company.
Die nuwe elektriese taxi’s gaan nie ’n hoër tarief vra as hul tradisionele dieselaangedrewe voorgangers nie. Die taxi met ses sitplekke het ook nuwe geriewe vir die millenniër-geslag soos Wi-Fi en USB-laaipunte en selfs ’n sondak.
Pat Follen, ’n bestuurder van een van die nuwe elektriese taxi’s, sê dit is ’n hele ander wêreld om een van dié motors te bestuur.
“Ek bestuur al byna tien jaar. Dit is nie ’n trappie op nie, dis ’n duisend trappies op. Al wat jy regtig hoor, is die bande op die teer en die wind!”
Dit gaan ’n taxi-onderneming £55 000 of sowat US$74 000 kos om ’n elektriese taxi aan te skaf, maar volgens Gubbey sal dit ook sowat £100 per week aan brandstofkoste bespaar.
Die elektriese taxi’s gaan nie net in Londen bedryf word nie. Die maatskappy beoog ook om 225 van hulle in Amsterdam in Nederland te ontplooi as deel van ’n vervoerdiens vir gestremdes en bejaardes. Nog ’n Europese bestemming word beoog as deel van ’n groot uitbreidingsplan.
Die maatskappy verwag om teen 2020 tot 10 000 van die taxi’s per jaar te verkoop, waarvan die helfte buite Brittanje.
Die nuwe taxi’s kom net betyds voordat nuwe stadsregulasies in Londen in werking tree wat vereis dat enige nuwe taxi’s óf hibriede voertuie moet wees óf volledig vry sal wees van enige uitlaatgasvrystellings.
Teen 2021 word verwag dat meer as 9 000 elektriese taxi’s of bykans die helfte van die huidige vloot van swart taxi’s op Londen se paaie sal wees. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie