Lombok deur nog 'n aardbewing getref
Lombok deur nog 'n aardbewing getref

Lombok deur nog 'n aardbewing getref

'n Aardbewing van 6,3 het die Indonesiese eiland van Lombok getref, het die Amerikaanse geologiese agentskap (USGS) ­gister gesê.

Vroeër die maand is 430 mense in 'n aardbewing op die eiland dood.

Die USGS skat die diepte van die jongste aardbewing op 7,9 km.

* Intussen het 'n massiewe aardbewing van 8.2 Sondag in die Stille Oseaan naby Fiji en Tonga voorgekom, maar dit was so diep dat dit geen skade aangerig het nie, luidens die owerhede in Fiji.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer