Lombok-aardbewing eis al 347 lewens
Lombok-aardbewing eis al 347 lewens

Lombok-aardbewing eis al 347 lewens

Die dodetal ná Sondag se kragtige aardbewing van 7 op die Indonesiese eiland Lombok het Woensdag tot 347 gestyg. Die meeste van die slagoffers het in Kayangan, aan die noordekant van die eiland, gesterf, berig CNN. ’n Verdere 1 447 mense is beseer en 165 003 dakloos nadat ’n skudding van 6.9 die naweek die eiland getref het, het Sutopo Purwo Nugroho, woordvoerder van die nasionale rampbestuursagentskap, gesê. Volgens The Guardian het vrywilligers en reddingswerkers Woensdag meer tydelike skuilings beskikbaar gestel vir die duisende haweloses. Water, kos en mediese voorrade word deur vragmotors aangery. Foto Netwerk24/Indonesia Out

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer