Lomachenko wil Lopez se mond snoer

16 October 2020 | Sport
Een van boks se ware supersterre kom hierdie naweek in Las Vegas teen een van dié sport se moontlike toekomstige supersterre te staan.
Vasyl Lomachenko (32) van die Oekraïne en Teofimo Lopez (23) van Amerika pak mekaar Sondagoggend (SA tyd) in die MGM Grand-casino.
Lomachenko se liggewigtitels van die Wêreldboksraad (WBC)en Wêreldboksorganisasie (WBO) is op die spel, asook Lopez se Internasionale Boksfederasie (IBF)-gordel.
Waar Lomachenko nou al ’n hele paar jaar as een van die beste boksers in die wêreld beskou word, is Lopez vinnig besig om ook groot naam te maak.
Die manier waarop Lopez egter tekere gaan, staan Lomachenko glad nie aan nie.
“Ek wil hom baie, baie, baie graag opdons. Sy pa dink hy is ’n groot superster soos Tyson Fury. Dis waarom hulle ’n mens so slegsê. Hulle gedra hulle soos supersterre, maar hulle is nie,” het Lomachenko hierdie week aan Ring TV gesê.
Lopez het op sy beurt aan The Guardian gesê hy tree so op omdat hy ’n “vermaaklikheidster” is.
Hy het die IBF-titel in Desember verlede jaar gewen toe hy Richard Commey van Ghana in die tweede ronde oorrompel het.
Eintlik het Lopez nog nie naastenby teen die gehalte boksers soos Lomachenko geboks nie, maar dat hy talentvol en gevaarlik is, is gewis.
Dié naweek sal hy egter moet uithaal en wys. Lomachenko word nie verniet deur sommige kritici as die “towenaar van die bokskryt” beskryf nie.
– Netwerk24

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...