Loftus-uittog kom weens Jake
Superrugby
Cobus Claassen – Loftus Versfeld het ’n uittog op hande, maar dit is nie weens Suid-Afrikaanse rugby se Covid-19-besparingsplan nie.
Jake White, die Bulle se direkteur van rugby, het nog nie in Pretoria aangekom nie, maar hy is glo reeds besig om spelers wat nie deel is van sy planne vir die toekoms nie, daarvan in kennis te stel.
Daar word op goeie gesag verneem White, wat die span vanaf volgende seisoen in die Superreeks afrig, van sowat 17 spelers in die Bulle se huidige gekontrakteerde groep van 45 wil ontslae raak.
Dit sluit glo verskeie senior spelers soos die kaptein, Burger Odendaal, Ruan Steenkamp, Cornal Hendricks en die slotte Juandré Kruger en Andries Ferreira in.
Kruger se kontrak het skaars begin nadat hy aan die einde van verlede jaar, ná ses seisoene oorsee, teruggekeer het Loftus toe.
Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) sal die 34-jarige oud-Bok uit sy kontrak moet koop as White nie van plan is om hom in te span nie.
Voor White se koms was daar reeds vrae in Bulle-geledere oor Kruger, wat nie die franchise se Superrugby-toergroep na Australasië gehaal het nie.
Kruger het een van die groter kontrakte by die Bulle.
Die stut Wiehahn Herbst, wat in April verlede jaar ’n Bul geword het, het reeds aanbeweeg en by die Kings ’n kontrak onderteken.
Ander spelers soos Marco Jansen van Vuren (skrumskakel) en Wian Vosloo (losvoorspeler) sal glo ook ’n ander heenkome moet vind.
Die veelsydige Johnny Kotze is die eerste speler van die Bulle wat Suid-Afrikaanse rugby se 21 dae-klousule gebruik om uit sy kontrak te kom.
Kotze is besig om ’n kontrak met ’n Japanse klub te sluit.
Volgens die besparingsplan, wat sedert Vrydag van krag is, kan spelers – in die lig van die salarisbesnoeiings – hul kontrakte met plaaslike spanne binne 21 dae kanselleer om by oorsese klubs aan te sluit.
Daar is glo verskeie agente wat ontevrede is met die wyse waarop White hulle in kennis stel hul kliënte is oortollig by Loftus.
Alfons Meyer, uitvoerende hoof van die BBM, gee toe die Bulle is in ’n moeilike situasie.
“Jy kan nie om die tafel sit en dit met die spelers en hulle agente bespreek nie (weens die Covid-19-inperking). Dit is so, daar is spelers in die groep wat nie deel van Jake se planne is nie.
“Elke afrigter het sy eie visie en daar sal altyd spelers wees wat kom en gaan wanneer daar ’n nuwe aanstelling is.”
Meyer sê elke geval word op verdienste hanteer en geen speler “sal onmenslik of onbillik behandel word nie”.
Die Bulle het intussen daarin geslaag om die Cheetah-slot Sintu Manjezi se dienste te bekom.
Daar word verneem die voormalige Bok-blits Gio Aplon kan binnekort ook by die Bulle aansluit. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie