Lofprysing by Hallelujah Namibia
Voorbereiding vir die Hallelujah Namibia-konsert was gister in volle gang en vanjaar is die toerusting beter, die gees groter en die geleentheid dalk meer geseënd met ''n bietjie reën. Dié gospelfees word môre by die Trustco United-sportterrein gehou. Bekende en gewilde Suid-Afrikaanse en Namibiese gospelkunstenaars soos Retief Burger, Bobby van Jaarsveld, Tiro, Joe Niemand, Corlea en ’n Namibiese koor sal optree. Louis Brittz, die bekende regisseur van #Imagine en Loftus 4 Jesus is die uitvoerende vervaardiger. Kaartjies vir die gospelfees is by Computicket beskikbaar. Die hekke sal om 15:00 oopmaak. Foto Yochanaan Coetzee


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie