Lodge-droom aan flarde
Ons reik uit na die gemeenskap, maar noudat ons in die knyp is, word ons aan ons eie genade oorgelaat, is die pleidooi van die entrepreneurs.
Kenya Kambowe
Die eienaars van ’n lodge in Divundu in die Kavango-Oosstreek se droom van ’n suksesvolle besigheid is weens die Covid-19-pandemie in flarde.
Mnr. Louis en me. Amori Gerber, eienaars van Shametu River Lodge op die oewer van die Okavangorivier, het vertel hoe hul besigheid finansieel ly. Hulle moes 20 werkers afdank en sukkel nou om hul skuld te betaal.
Die egpaar het ook hul teleurstelling uitgespreek oor die regering se reaksie op die toerismesektor se swaarkry. Hulle het gehoop het dat 2020 hul beste jaar sou wees, nadat hulle ’n paar jaar gelede die toerismebedryf betree het.
Sedertdien moes hulle egter besprekings kanselleer en deposito’s terugbetaal, ondanks die verlaging van hul tariewe om die plaaslike gemeenskap te lok. Hulle ontvang tans geen besoekers gedurende die week nie en slegs ’n paar oor naweke.
“Om eerlik te wees, die pandemie het ons besigheid op sy knieë gedwing. Dit is baie hartseer om mense werkloos te sien met wie jy jare lank saam gewerk het en wat soos familie was,” sê Amori.
“Sommige het baie kwaad vir ons geword toe ons hulle moes afdank, maar ons het geen ander uitweg gehad nie. Ons het baie vir hulle gedoen en hulle het op ons staatgemaak. Om ons mense af te dank, was nie maklik nie.
“Ons is gesmeek om nie mense af te dank nie, maar waar moet die geld vandaan kom om hulle te betaal? Die regering is net bekommerd oor die werkloosheid en nie oor die besigheid nie. Ons maandelikse uitgawes het die verander nie.”
Die egpaar voeg by die uitlating van die president op ’n onlangse nuuskonferensie toe hy gesê het as potensiële toeriste nie vir 14 dae in kwarantyn wil gaan nie, moet hulle by die huis bly, het hulle erg ontstel.
Verlede maand is berig die regering het ’n plan in werking gestel om die landsgrense gedurende fase 5 van die Covid-19 hoktyd te open. Na verwagting sou die plan op 18 September in werking tree.
Daar was ook ’n plan om tussen 15 Julie en 15 Augustus buitelandse toeriste van lae-risiko land toe te laat om Namibië te besoek. Dié voorneme is egter vertraag.
Die Gerbers sê hulle het ’n aantal gemeenskapsprojekte aan die gang gesit. Een daarvan was die aanskaffing van ’n transformator vir elektrisiteitsverskaffing, waarvoor hulle by die bank ’n lening uitgeneem het.
“Ons het iets gedoen wat die regering nie vir die mense kon doen nie, maar noudat ons in die nood is, word ons nie ondersteun nie. Hoe is dit regverdig?
“Hoe is dit normaal dat die land in ’n krisis gedompel is en tog verlaag diensverskaffers en staatsinrigtings nie hul pryse nie?” het hulle gevra.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie