Listeriose: Lukrake toetse op produkte
Listeriose: Lukrake toetse op produkte

Listeriose: Lukrake toetse op produkte

Nuwe invoervereistes geld vir verwerkte vleisprodukte en voorafbereide kos wat na Namibië uitgevoer word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die direktoraat van veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en bosbou, en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan lukrake toetse en steekproewe doen op ingevoerde sowel as plaaslike voorafbereide kos vir alle mikrobes, wat die Listeria monocytogenes-bakterie insluit.

Dit volg ná die positiewe diagnose van 'n 41-jarige man van Tsumeb vir listeriose en 'n verbod op die invoer van sekere produkte uit Suid-Afrika wat positief met die uitbreking van die siekte in dié buurland verbind is. Die toetse sal onder meer by die sentrale laboratorium in Windhoek uitgevoer word.

Die ministerie van landbou, water en bosbou het vroeër, in die lig van die uitbreking in Suid-Afrika, in 'n verklaring bevestig nuwe vereistes geld vir verwerkte vleisprodukte en voorafbereide kos wat na Namibië ingevoer word.

Die nuwe invoervereistes plaas 'n verbod op alle produkte soos polonies, gerookte en ander russians, Weense worsies, wors, frankfurters, alle tipe hamme en salami's wat onder die volgende handelsmerke geproduseer word: Enterprise, Renown, Bokkie, Mieliekip en Lifestyle geproduseer deur Enterprise Polokwane (ZA 33) en Enterprise Foods Germiston (ZA 126).

Die invoerverbod geld ook vir alle voorafbereide ­vleisprodukte van Rainbow Chicken (RCL) Foods (ZA 32). Volgens dr. Milton Maseke, hoofveeartsenybeampte, het egter beklemtoon alle geblikte vleisprodukte wat voor die verbod op 4 Maart vanjaar geproduseer is, is vrygestel van die verbod.

Dit is egter slegs op ­voorwaarde dat die geïmplementeerde higiëne­bestuurstelsel waarborge verskaf aan die Suid-Afrikaanse veearts wat sertifiseer dat die geblikte ­vleisprodukte by die gepaste temperature gesteriliseer is, nie op die ­oppervlak besmet is en nie in die listeriose-uitbreking geïmpliseer word nie.

Volgens Maseke het Suid-­Afrika alle uitvoer van verwerkte vleis van die drie vervaardigers aan al sy handelsvennote opgeskort totdat alle korrektiewe stappe ­geïmplementeer en deur regulerende owerhede geoudit is.

“In die lig hiervan het Namibië die invoer van alle bogenoemde ­produkte van die drie betrokke vervaardigers gestop,” het Maseke gesê.

Hy het voorts beklemtoon die siekte is behandelbaar. Persone wat simptome soos koors, lyfseer, naarheid, diarree en kopseer ervaar, moet onmiddellik by die naaste dokter of kliniek aanmeld.

Maseke het 'n beroep op invoerders gedoen om veeartseny se kantoor vir in- en uitvoere te kontak om hulle van die nuwe invoervereistes te vergewis. Vir meer inligting kan dr. ­Albertina Musilika-Shilongo by 061 208 7505 of ­[email protected] ­gekontak word.

Netwerk24 berig intussen die ­Shoprite-groep in Suid-Afrika het 'n ­besending Weense worsies van sy eie handelsnaam, Farmer's Deli, landswyd van sy rakke afgehaal.

Dít volg nadat 'n enkele besending van dié worsies in die Kaapse Wynland-distrik positief getoets het vir die teenwoordigheid van Listeria monocytogenes. Nog toetse moet egter gedoen word om die teenwoordigheid van skadelike vlakke van die Listeria-bakterie te bevestig.

Tiger Brands het Maandag as 'n voorkomende maatreël ook al sy Snax-produkte van winkelrakke verwyder.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.21 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.44 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 303.21/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.013 | Zinc US$ 2 903.50/T UP 1.01% | Brent Crude Oil US$ 83.98/BBP DOWN -0.0314 | Platinum US$ 954.24/OZ UP +2.08% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.21 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.44 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 303.21/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.013 | Zinc US$ 2 903.50/T UP 1.01% | Brent Crude Oil US$ 83.98/BBP DOWN -0.0314 | Platinum US$ 954.24/OZ UP +2.08%