Liselo-ses September weer in hof
Die beskuldigdes bly in aanhouding ná die landdros nie borgtog toegestaan het nie.
Augetto Graig
Die ses mans wat Sondagoggend in die Liselo-nedersetting buite Katima Mulilo in hegtenis geneem is, het gistermiddag voor landdros Boyd Namushinga in die landdroshof op Katima Mulilo verskyn.
Hulle is mnre. Aldrin Halusibi Mulilo (46), Edwin Samati (33), Brstr Maketo Kakula (44), Thomas Mabuku Konde (32), Mubita Event (44) en Twalwangana Kakula (42).
Dié ses het verskyn op klagte van sameswering om hoogverraad te pleeg, aanhitsing tot openbare geweld en 'n oortreding van die Grondwet. Hulle het glo ook die polisie verhinder om hul werk te doen.
Die aanklaer, me. Esther Jafet, het borgtog aan die beskuldigdes teengestaan en die landdros het borgtog geweier.
Al ses bly in aanhouding.
Hulle is aangeraai om regsverteenwoordiging te bekom, of aansoek om staatsregshulp te doen. Die saak is tot 20 September vir verdere polisieondersoek uitgestel.
Die Namibiese polisie en die prokureur-generaal, dr. Albert Kawana, het vroeër dié week gesê die regering neem sterk standpunt teen afstigting van enige deel van Namibië in.
Kawana het die vermeende afstigters “vyande van Namibië en die nasie” genoem.
“Wie ookal hierdie nasie wil verdeel, is 'n vyand van die Namibiese nasie. As jy die vrede versteur, is jy ook 'n vyand,” het hy Maandag aan Republikein gesê. Volgens hom is die regering se posisie baie duidelik.
“Die Zambezistreek is 'n integrale deel van Namibië. Ek weet nie watter gedeelte van Namibië is Caprivi nie,” het hy gesê.
Volgens spekulasie was die ses mans moontlik deel van die Caprivi Concerned Group (CCG), wat aandring op 'n vergadering met die regering, maar glo geïgnoreer word.
“Dít is die gesindheid wat mense kan dwing om geweld te gebruik om gehoor te word,” het hulle in 'n vroeëre nuusverklaring geskryf.
Adj.komm. Evans Simasiku, koördineerder vir misdaadondersoeke in die Zambezistreek, het Sondag die inhegtenisnemings aan Nampa bevestig.
Volgens Simasiku was die doel van die beskuldigdes se beweerde vergadering om te “organiseer en mobiliseer om die Zambezistreek van die res van die land af te stig”.
Hy het aan Nampa gesê die groep wou ondersteuners hê om aan 'n betoging deel te neem om te eis dat polisiebeamptes vervolg word, wat betrokke was by Augustus 1999 se inhegtenisnemings.
'n Gewapende konflik het in Augustus 1999 in die destydse Caprivi tussen die Caprivi Liberation Army (CLA) en die Namibiese regering uitgebreek.
Die hoogtepunt van die konflik het op 2 Augustus plaasgevind toe die CLA 'n aanval in Katima Mulilo gedoen het, die staatsradiostasie en 'n polisiestasie beset het, en die Wanella-grenspos en 'n weermagbasis aangeval het.
Namibiese gewapende magte het binne 'n paar dae dié poging tot afstigting gestuit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie