Liggame wel bruikbaar vir mediese studente
Naasbestaandes wat nie geld het om 'n familielid te begrawe nie, kan oorweeg om die liggaam aan Unam te skenk.
Henriette Lamprecht - Liggame in staats- en polisielykhuise wat nie opgeëis is nie, kan nie as kadawers vir mediese studente gebruik word nie.
Dít omdat dit reeds te lank daar gehou is.
Volgens prof. Jan Smit, hoof van anatomie van die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool, het ’n tegnikus reeds inspeksie van al die liggame gaan doen.
“Die jongste liggame is reeds ’n paar maande oud en is dus as gevolg van die normale ontbindingsproses van geen nut vir ons nie,” het hy gesê.
Die Universiteit van Stellenbosch (US) se ooreenkoms met Namibië se mediese skool om liggame te skenk waarop mediese studente disseksies kan doen, eindig Junie.
Sowat 300 mediese studente aan Unam se mediese skool (SOM) sal jaarliks geraak word sou daar nie liggame beskikbaar gestel word nie.
Volgens Smit is die skool die afgelope paar maande in verbinding met die permanente sekretaris in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Andreas Mwomboola, om ’n oplossing te probeer vind.
Hy het voorts gesê dit blyk uit die wet op menslike weefsel dat dit wél moontlik is om menslike oorskot aan die universiteit te skenk.
Smit en ’n tegnikus wat met weefsel werk het verlede week ’n vergadering by die ministerie bygewoon waar verteenwoordigers van die kommissaris van polisie, die nasionale forensiese instituut, regsverteenwoordigers van beide die ministerie en die kantoor van die prokureur-generaal, sowel as drie verteenwoordigers van die mediese laboratorium teenwoordig was. Laasgenoemde is verantwoordelik vir die opstel van nuwe regulasies wat die bestaande wet op menslike weefsel moet vergesel.
Volgens Smit het forensiese dienste en die polisie aangedui daar sal wél liggame beskikbaar vir studente wees wat bruikbaar is vir die universiteit.
“Volgens die wet is ‘n liggaam wat ná 24 uur nog nie opgeëis is nie, oorgelaat aan die diskresie van die inspekteur van anatomie of in sy afwesigheid enige persoon wat deur die PS gematig is om goedkeuring te verleen om sodanige liggaam te verwyder, te skenk of te begrawe of veras.”
Smit het gesê dié maatreëls is slegs van toepassing as alles moontlik gedoen is om die naasbestaandes op te spoor.
“Volgens forensiese dienste het hulle ‘n interne reël wat ‘n verdere 14 dae grasie verleen, voordat daar van oorskot ontslae geraak word.”
Smit sê egter die universiteit kan geen liggame aanvaar wat oppervlakkige wonde het nie, omdat die balsemproses dan nie werk nie en post mortem-liggame dan onbruikbaar is.
“Ons verkies om liggame te bekom wat so ‘vars’ as moontlik is.”
Ná samesprekings is egter ingestem dat liggame na 14 dae wel nog bruikbaar is, mits dit voor die skenking in koelkamers gehou word.
“Ons het ook voorgestel dat die liggame steeds beskikbaar is aan naasbestaandes, self ná balseming, mits die koste van die balsemproses verhaal kan word. Die spertyd sal twee maande wees.”
Smit het beklemtoon die universiteit aanvaar ná die gebruik van die liggaam vir mediese opleiding, volle verantwoordelikheid vir vervoerkoste, sowel as koste verbonde aan ‘n verassing.
Hy het verwys na naasbestaandes wat weens ’n gebrek aan fondse nie liggame ná uitkenning opeis om te begrawe nie en wat moontlik vir skenkings geteiken kan word.
“Hopelik sal dit ook die las op die staatskas verlig met die kostes verbonde aan ‘n begrafnis.”
Toestemmingvorms is reeds vir "voordoodse" skenkings beskikbaar. Smit het erken dit bly egter ’n “geweldige sensitiewe saak”.
“Ons hoop die algemene publiek sal bewus gemaak word van die tekort aan menslike weefsel vir die opleiding van ons toekomstige dokters. Ook het elkeen van ons ‘n verantwoordelikheid teenoor ons samelewing wat die skenk van bloed, weefsels en organe betref.”
Kontak Smit by (061) 206 5099 of mnr. Broekman by (061) 206 5023 vir meer inligting rondom die skenking van liggame.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie