Liggaam van drenkeling op strand gevind
Liggaam van drenkeling op strand gevind

Liggaam van drenkeling op strand gevind

Henriette Lamprecht
Die liggaam van die 28-jarige Filipus Nghiningwanai Nuyoma wat op 15 Oktober in die see by Swakopmund verdrink het, is gistermiddag deur ‘n verbyganger op die strand gevind.
Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu is dit nog nie duidelik of Nuyoma van die ysterkaai afgespring of geval en so in die see beland het nie. Sy liggaam is by die strand by Platz Am Meer gevind. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-11-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer