Lig skyn nou in kinders se lewens
Lig skyn nou in kinders se lewens

Lig skyn nou in kinders se lewens

Skool ontvang skenking ter waarde van N$80 000
Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Die Debmarine- en Namdeb-stigting het onlangs nuwe lig in die lewens van sowat 300 leerlinge van Windhoek se Primêre Skool Olof Palme gebring met die skenking van 300 sonkragbeligtingstelsels ter waarde van N$80 000.

Die skool wat in Greenwell Matongo, een van Windhoek se armste kiesafdelings geleë is, was in 2015 as die kindervriendelikste skool in Windhoek se westelike woonbuurte aangewys, ondanks die haglike omstandighede waaronder die meerderheid van die leerlinge lewe. Uit die sowat 1 200 leerlinge is meer as 600 as wees- en weerlose kinders geklassifiseer.

Me. Julia Hangula, die skoolhoof, sê hulle staar baie uitdagings in die gesig, maar die tekort aan elektrisiteit in die gebiede waar baie van hul leerlinge bly, is een van die grootstes.

“Ons leerlinge is baie aktief, ten spyte van hul omstandighede en baie uitdagings,” het Hangula gesê.

“Dis hartverskeurend dat baie kinders nie tot hul volle potensiaal kan ontwikkel nie, omdat hulle nie in die aand kan leer nie. Dit geld veral vir die kinders wat in die namiddae by die skool moet wees.”

Die was een van die grootse probleme wat leerlinge aangemeld het ná die skool in ''n opname oor die omstandighede van jong leerlinge gedoen het.

Die Debmarine- en Namdeb-stigting se uitvoerende bestuurder, me. Janita von Wielligh, was byderhand om die skenking te oorhandig en het die skool en leerlinge geloof.

“Hier is U329; wonderlike energie by die skool. Ons by die Debmarine- en Namdeb-stigting wil julle aanmoedig om daardie energie en respek te behou en om niks in jul pad te laat staan om jul drome te bereik nie,” het sy gesê.

“Die tekort aan elektrisiteit is ''n groot hindernis vir leerlinge en dit maak ook die taak van die onderwysers moeiliker. Dit is waarom dit ''n voorreg is om 300 sonkragbeligtingstelsels aan die skool te skenk, want ons glo dat die uitslae beter en beter sal word as ons die leerlinge op hierdie manier ondersteun.”

Die skenking in moontlik gemaak deur middel van die Debmarine- en Namdeb-stigting se vennootskap met die plaaslike sonkragbeligtingsmaatskappy, GreenVille Solutions. Dié het die Edu-Light-veldtog in die lewe geroep en maatskappye genader om Edu-Light sonkragbeligtingstelsels vir behoeftige skole en leerlinge te borg.

“Met die eksamens om die draai, het die skenkings net betyds gekom en ons is so dankbaar dat die Debmarine- en Namdeb-stigting aan ons gedink het. Ons belowe dat hierdie sonkragligte opgepas en ten volle gebruik sal word,” het Hangula gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer