LifeLine/ChildLine stel databasis bekend
LifeLine/ChildLine Namibia het ’n databasis bekendgestel waarop die slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en kindermishandeling geregistreer sal word. Die databasis sal nie net die aantal mense bevat wat vir hulp aansoek doen nie, maar ook bepaal hoeveel van hulle het wél die regte ondersteuning ontvang. Die organisasie werk nou saam met wetstoepassingsagentskappe in die land in ’n poging om geweld teen vroue en kinders hok te slaan. LifeLine/ChildLine het ‘n vertroulike en gratis telefoonberadingsdiens.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie