Liewe Kersvader, antwoord diu00e9 10 sakevrae
Liewe Kersvader, antwoord diu00e9 10 sakevrae

Liewe Kersvader, antwoord dié 10 sakevrae

Die wêreld se grootste filantroop is aan die woord oor die grootste wêreld- en sakegebeure.
Elvira Wood - Die wêreld se grootste filantroop is sekerlik Kersvader.

Ou Langbaard is ook ’n gesoute sakeman met ’n maatskappy met totale uitgawes per jaar van sowat US$40 miljard. Sy bedrywighede strek ook oor die hele planeet.

Kersvader ’n paar sakevrae beantwoord. Hier is sy kommentaar op die groot wêreld- en sakegebeure van die afgelope jaar.

1. Hoe beïnvloed die probleme met Brexit jou Kersplanne?

Dit het geen invloed op my nie. Die Noordpool is nie deel van enige unie nie. Kinders gee ook nie om waar hul geskenke vandaan kom nie. Hoewel dit nou niks met Brexit uit te waai het nie, mag ek dalk wel ’n sekere prins se naam van my lysie afhaal. Sy ma kla hy gedra hom glo nie goed nie.

2. Beïnvloed die handelsoorlog tussen die VSA en China, asook pres. Donald Trump se vele invoertariewe, jou onderneming?

Wel, ek kan nie onthou van ’n Trump of ’n Xi op my lys van soet kinders nie.

Gelukkig maak ek my eie speelgoed. Ek steur my ook nie aan invoertariewe nie. Kersvader Bpk. is ’n maatskappy sonder winsbejag. Ek is daar om kinders bly te maak, nie om kant te kies in politici se argumente nie.

3. Hoe groen is Kersvader Bpk. veral aangesien jong mense soos Greta Thunberg al hoe meer hul stemme dik maak hieroor? Sy is tog sekerlik een van jou kliënte?

Greta is definitief op my lys van soet kinders. Gelukkig is my bedrywighede nog altyd baie omgewingsvriendelik.

Ons werk hier bo in die Noordpool wat steeds vasgevries is. Dit is ’n goeie bewys dat my fabrieke duidelik nie aardverwarming veroorsaak nie.

My agt takbokke wat ek vir vervoer gebruik, dra ook nie by tot enige besoedeling nie.

Ek weet sommige aktiviste kan kla oor hul mis, maar dié gebruik ons jare lank al in Kersmoeder se groentetuin as bemesting.

4. Gepraat van die omgewing, luidens die legende kry stoute kinders steenkool in hul Kerskouse eerder as ’n geskenk. Hoe afhanklik is jy van steenkool en dink jy daar is ’n toekoms vir dié hulpbron?

Man, ek het al ’n paar jaar gelede opgehou om steenkool te gebruik en dit het niks met die omgewing te doen gehad nie. Sien, daar was so baie van Eskom se vorige bestuur vir wie ek steenkool moes aflewer dat die goed begin ophoop het. Gaan kyk maar net na die berge steenkool wat by Medupi rondlê. Ek het besluit ek gaan nie aanhou om hulle te borg nie.

Ek hoop elke individu sal probeer om gereeld self Kersvader te speel en ander te help.

5. Noudat jy Eskom noem – is jy nie bang dat daar oor Kerstyd tog beurtkrag in Suid-Afrika gaan wees en jy dalk nie kinders se geskenke in die donker kan aflewer nie?

Gelukkig is dit Kersfees. Haal die kerse uit. Ook, ek was nog nooit bang vir die donker nie. Dit help my juis om my werk gou af te handel.

6. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is onlangs in sakeredding geplaas. Jou slee en takbokke is sekerlik dié mees betroubare “lugdiens” op die planeet. Sou jy dit oorweeg om ’n ekwiteitsvennoot van die SAL te word?

Nee.

7. Wie is vanjaar op jou “soet” lysie en wie nie?

In Suid-Afrika?

Zozi Tunzi is definitief op die soet lysie. My takbokke is ook lekker dikbek, want ek hoor daar is ’n groep Springbokke wat glo baie gewilder in Suid-Afrika is as hulle. Ten minste weet ek nou waar om plaasvervangers te kry sou my eie bokke iets oorkom. Dié klomp klink asof hulle onoorwinbaar is.

Ek dink daar is ook ’n briefie van ene André de Ruyter. Klink of hy ’n rowwe 2020 verwag. Ek sal maar ’n ou drinkdingetjie in sy kous stop . . .

Wie is nie op my lysie nie? Die persoon wat die kabels by Tutuka-kragstasie uitgetrek het.

8. Het Kersvader Bpk. ook ’n kredietgradering by maatskappye soos Moody’s Investors Service, Standard & Poor’s en Fitch Ratings? Indien wel, wat is dit?

Verstaan ek jou reg? Wil jy my nou op ’n “soet” of “stout”-lysie plaas? Ek dink jy moet weer mooi dink oor dié vraag . . .

9. Wat sou jy graag in jou eie Kerskous wou gehad het?

Ek het nie groot versoeke nie. Ek kry soveel koekies en melk oor Kerstyd, dit maak meer as net een Kerskous vol.

Ek moet sê, ek sou graag weer by my goeie vriend Johnny Clegg wou gaan kuier. Ons klomp hier in die Noordpool gaan hom baie mis.

10. Wat is jou hoop vir die wêreld in 2020?

Hoewel ek oor Kerstyd vir elke kind op aarde ’n geskenk wil gee, is dit nie altyd moontlik nie. Daar is miljoene kinders wat in ongelooflike armoede en haglike omstandighede lewe. Dit is baie moeilik om by hulle uit te kom.

Ek hoop in 2020 sal elke individu wat kan, hom of haar ontferm om net een keer gedurende die jaar só ’n kind of kinders te help. Gaan koop ’n paar skoolskoene vir ’n kind, of ondersteun ’n organisasie wat kos vir hulle gee.

Ek hoop elke individu sal probeer om gereeld self Kersvader te speel en ander te help. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%