Liefste Nicoleen
Leandrea Louw – Jy het so ’n enorme impak op ’n ieder en ’n elk van ons hier by Erongo se kantoor gehad.
Dit was ’n reuseskok om van jou dood te hoor, want jou laaste woorde aan ons was, “God is ons rots, ons hulp kom van Hom wat hemel en aarde geskape het”.
Nie een van ons het vir ’n oomblik gedink dit sou ons laaste woorde aan mekaar wees nie.
Maar dit is wat die onsigbare vyand doen – ek is skoon paranoïes. Ek maak deesdae seker as iemand in my gedagtes opkom, dan vat ek onmiddellik my foon om uit te vind of die persoon oukei is. Dit is scary. Maar soos jy gesê het, God is ons rots.
Ons mis jou. Jou stem. Veral jou gelag.
Ek weet sommer ons sal nie weer met dieselfde oë na ’n trip ná Hentiesbaai of Omaruru kan kyk nie. Die vakansiebylaag gaan net nie dieselfde wees nie.
Jy het verhoudings met mense gebou en dit was duidelik sigbaar deur jou werk. En tog het jy ook so bietjie gesukkel met die “new tech” van vandag se dae, dan moet ek net hoor “Ai, Lea, wat nou weer, wat maak ek nou hier?”
Iréne het haar heel eerste voorbladstorie deur een van jou “news tips” gekry. Jy het my die eerste keer Omaruru toe gevat, waar ek vrekbang was om die renoster aan te raak wat na my mening hopeloos te naby aan my gekom het. En daarna het ons lekker Radlers gedrink, ná ’n dag se harde werk om adverteerders te soek.
Jy sou my lekker geskel het, omdat ek so in die stilte getrou het.
Dit was altyd so lekker om na jou en Merinda se gesprekke te luister, waar julle praat oor wat die vorige aand op die spyskaart was.
Moenie eens praat van jou en Monica se geskertsery nie. Soms het jul rêrig gestry, maar julle het sommer gou weer vrede gemaak. Dieselfde met jou en Emma.
Vir wie gaan Otis nou terg?
Ek dink Monica, óf Iréne (sy kan net so lekker bloos soos jy) moet hulle maar gereed maak.
Jou plek is leeg by die kantoor, maar nooit in ons harte nie.
Daar was, en sal nie weer iemand soos jy wees nie. Ek is oneindig dankbaar ek kon iemand soos jy leer ken het in die laaste vyf jaar wat ek by NMH is. Dankie vir jou insae, komplimente, grappies en al jou viskennis. Ek leer nog wat die verskil tussen ’n kabeljou, galjoen en steenbras is, maar ek is amper daar. Dit was baie lekker om saam met jou te werk.
Alle liefde, tot ons mekaar weer sien.
* Wie ook al hier lees, kom ons maak ’n punt daarvan om op mekaar te “check”. ’n “Hoe gaan dit?” of “Is jy oukei?” maak al die verskil in die wêreld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie