Liefdesgedig in hof voorgelees
Jacqueline Louw - “In my drome sien ek jou gesig en hou jou in my arms.”
Só lees ’n strofe uit ’n gedig wat as bewysstuk in nóg ’n saak van geslagsgebaseerde geweld in die Namibiese hoërhof dien.
Die 27-jarige Edmund Jagger wat glo sy meisie vermoor het, se verhoor het verlede week voor regter Alfred Siboleka begin.
’n Polisiereservis, mnr. Morné Scholtz, het Maandag getuig hoe hy Jagger ná ’n mislukte selfmoordpoging help red het.
Die vermeende moordenaar het homself opgehang nadat hy na bewering die 22-jarige me. Renelda Hoeses, die ma van sy kind, herhaaldelik met ’n mes gesteek het.
Jagger is op 2 Maart 2013 in hegtenis geneem kort nadat Hoeses dood in ’n plas bloed by haar pa se huis in die Orwetoveni-woongebied op Otjiwarongo gevind is.
Die staat beweer dat Jagger Hoeses 18 keer gedurende die nag van 1 tot 2 Maart 2013 met ’n mes gesteek het. Hy het glo van die moordtoneel gevlug en toe probeer om sy eie lewe te neem.
Scholtz het getuig hoe hy by die moordtoneel aangekom het en die oorledene op haar maag sien lê het met bloed op haar rug. Van ’n buurvrou het hy verneem dat daar ’n argument was en dat dit later stil geword het. ’n Kind het die polisie en reserviste na die verdagte se huis gelei waar hulle hom aan sy nek sien hang het. Hy het nog gelewe en is na die hospitaal geneem.
’n Bebloede mes en ’n leerlingbestuurder-handleiding met notas is in die verdagte se kamer gevind. Die hof het vir Scholtz gevra om die notas in die hofrekord te lees. Dit was ’n liefdesgedig deur Jagger. Scholtz het getuig hy kan nie glo dat iemand wat so ’n mooi gedig skryf so ver kon gaan as om iemand dood te steek nie.
Mnr. Joshua Kaumbi, Jagger se regsverteenwoordiger, het egter die hof meegedeel dat die gedig, volgens sy kliënt se instruksies, vir sy seun geskryf is.
Die verhoor duur voort. Adjunk-aanklaer-generaal Karin Esterhuizen tree namens die staat op.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie