Liefde - met ’n bankrekening geopen
Onderhoud met Republikein se bruidspaar van die jaar
“As sy ’n blom was, sou ek sê sy is ’n kaktus – pragtig en baie taai.
"Sy kan die storms weerstaan. Sy is iemand saam met wie ek in Groot Aub en ook in New York sal kan woon en ek weet sy sal dieselfde wees. Ek weet, al verloor ek alles, sal sy steeds langs my staan.”
So gesels James Mnyupe oor die redes waarom hy lief vir sy vrou, Natassja, is. Hulle is onlangs as die wenners van Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie aangewys en het pryse ter waarde van bykans N$97 000 ontvang.
“Toe ons in 2009 onmoet het, het ek nog nie baie gehad nie, maar sy was lief vir my. Sy is die een wat my sal help om die koue en die hitte te oorleef. Haar gewilligheid om vir my te veg, is ongelooflik,”sê hy.
“Sy kan beter vuurmaak as ek. Een keer, kort voor ons troue, moes ek en my kollegas by my werk vuurmaak sodat ons potjiekos kon maak. Sy was saam met my daar, in een van haar beste rokke, want ons was op pad om gou na ons beplande onthaalsaal vir die troue te gaan kyk.
“Die mans het gesukkel om die vuur aan die gang te kry. Ek onthou, sy het in haar netjiese klere op die grond gaan kniel en die vuur geblaas. Dit is vir my simbolies van wie sy is,” sê James.
En hoekom is Natassja lief vir hom?
“Hy is eerstens baie vriendelik en nederig. Soms ook baie hardkoppig. Maar baie ambisieus – iets wat baie goed vir ons verhouding en ons familie is. Hy is altyd die dryfkrag daaragter dat ons na hoër hoogtes beweeg, beter doen, harder probeer.
“Hy is ook ’n baie harde werker en ’n wonderlike rolmodel en goeie pa vir my seun. Hy laat hom nooit soos ’n stiefseun voel nie.”
’n Familie
Die “Mnyups,” soos hulle na hulself verwys, bestaan uit drie “liefdevolle, stout en pragtige siele”.
“Mama Mnyups – ook bekend as Natassja Mnyupe, is die gom wat alles deur dik en dun bymekaar hou. Ernst Fouri is Mini Mnyups en is die ‘enjin’ agter alles wat stout en aangenaam in die huishouding is, terwyl Meneer Mnyups die brein agter die operasie is. Of so laat hulle hom glo. Hy werk ook onder die alias James Mnyupe,” het die Mnyups in hul inskrywingsbrief aan Republikein geskryf.
“In April verlede jaar het ons besluit om een groot, gelukkige familie te word en ons het nog nooit weer teruggekyk nie.”
Hulle is in Windhoek in die Emannuel Kerk getroud.
Liefde, soos ’n bankkaart
Hulle som hul liefdesverhaal met ’n ATM-kaart op.
“Ek en Tassja het in April 2009 ontmoet toe ek by FNB instap en sy vir my sê: ‘Welkom by FNB, hoe kan ek jou help?’ Ek sou nooit kon raai hoe ver dié hulp sou strek nie.”
Natassja het by die tak in Maerua gewerk en vir James gehelp om ’n bankrekening oop te maak. Terselfdertyd het FNB ’n promosie aangebied vir die komende 2010 wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika.
“In my poging om sjarmant te wees, het ek vir haar gesê jy weet nooit, miskien kan ek jou een van die dae na die wêreldbeker neem. Ek was toe maar nog net ’n klerk by PwC en het min geld verdien. Om dit erger te maak, het sy nou my bankbesonderhede gehad, so daar was nie ’n manier hoe ek haar kon bluf oor my “bourgeois”-leefstyl nie.
“Nietemin, sy moes ’n bietjie potensiaal in my raakgesien het,” sê James.
Hul eerste afspraak was niks “glamorous” nie – dit was sommer by James se ma se huis terwyl sy ma nie daar was nie. James het pasta en wyn voorgesit. Hulle het ná een maand saam ingetrek – maar net as platoniese vriende.
“Dit was ’n nederige hofmakery. Dit sou verkeerd wees ná ons mekaar een maand lank geken het om as ’n paartjie saam in te trek. Dus was hierdie ’n eksperiment waar ek vir Tassja as haarself leer ken het en sy kon sien of ek die toiletsitplek opgelig laat.”
En wanneer was hul eerste soen?
“Dit is baie lank terug. Ek was pro-aktief in daardie opsig ná ons eerste glas wyn. Ek moet sê, Tassja is ’n baie goeie soener. Sy is egter so nederig, sy sal dit nooit erken nie,” sê James.
In 2010 word hy by Allan Gray aangestel en in 2010 verplaas die maatskappy hom van Maart tot September Kaapstad toe. Natassja bedank haar werk en gaan saam met hom.
“My kantoor in Kaapstad was letterlik in dieselfde straat as die sokkerstadion en ek dog ek het die boerpot gewen. Hier staan ek op die spits om my belofte te vervul om haar na die wêreldbeker te neem!”
Natassja het daarna toe twee BBP-kaartjies na ’n sokkerwedstryd in Engeland gereël en prins William en Harry het net twee sitplekke verder skuins agter hulle gesit.
“Langs ons was Danny Jordaan (president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging) en dit net nadat ons blad met Cafu kon skud. Cafu was in 2006 die kaptein van die Brasiliaanse span wat toe die wêreldbeker gewen het. Dit was toe dat ek besef het, ek het my lewensmaat ontmoet. Sy is my Lotto-wenkaartjie.
“Vyf jaar later was dit tyd vir die geliefde bankkaartjie om te verval. Terwyl ons liefde ernstig in daardie vyf jaar getoets is, het ons nou voor ’n pastoor gestaan en voorhuwelikse klasse geloop. Ons was op die punt waar ons verhouding as ou en meisie sou verval en ons ons ‘liefdeskaart’ sou hernu na ’n ‘totdat-die-dood-ons-skei-kaart’,” sê James.
Hul troue was klein en intiem. “Ons het net 70 mense genooi, maar ons wittebrood was uitsonderlik – elf dae in Mauritius,” sê James.
“Ons troue is ’n weergawe van wie ons is. Dit was ‘handgemaak’ deur geliefdes en familie met enkele professionele mense verantwoordelik vir die koek en foto’s. Elke familielid het hand bygesit om dit te brou en dat te bak.
“Hulle sê dit neem ’n hele gemeenskap om ’n kind groot te maak. Ek dink dit is niks anders as dit daarby kom om jong liefde te vertroetel nie,” sê James.
“Ons liefde is nuut en miskien in baie opsigte nog nie getoets nie. Ons is egter trots op ons nederige begin.”
Wenresep
“Ons is ver daarvandaan om ’n wenresep vir ’n huwelik te kan ‘verkoop,’ sê James.
"Ons sukkel nog elke dag – daar is dinge waaraan ons moet werk, dinge wat ons versigtig mee moet wees en dinge wat ons moet vermy.
“Ek glo ’n mens moet nooit ophou om vir mekaar te sukkel nie. Moet mekaar nooit as vanselfsprekend aanvaar of moenie dink dat die ander persoon maar net altyd daar sal wees nie. Om op te som: Wees nederig, moet nooit ophou om aan jou huwelik te werk nie en vra vir hulp,” sê James.
James glo ook dat jy nie moet sê jy is ’n goeie man vir jou vrou nie. “As sy dit sê, dan is ek werklik ’n goeie man. En ook nie net as sy dit sê nie, maar sy moet dit ook voel. Dieselfde met liefde – ek kan nie net sê dat ek vir haar lief is nie, sy moet geliefd voel.”
Hulle kan nie presies onthou wie eerste gesê het "ek is lief vir jou" nie. “Waarskynlik was dit ek,” sê Natassja. “Jy? Nee, ek dink dit was ek,” sê James.
“Hoe ook al, ek dink nie dit is so belangrik wie dit eerste gesê het nie, maar wel wie dit laaste gesê het. Die belangrikste is dat jy nooit ophou om dit te sê nie.
Hulle moes ook moeilike tye deurmaak om uiteindelik bymekaar te kon wees. Hoe kom ’n paartjie deur hierdie ingewikkelde tye?
“Ek sou nie sê ons het ’n ideale verhouding nie en ons sukkel ook maar soms. Ek glo daaraan dat ’n mens nederig genoeg moet wees om te erken as jy sukkel, te erken dit is moeilik, sodat jy vir hulp kan vra en soek. Jy kan jou hulp uit die Bybel, van goeie vriende of van jou ouers ontvang.
“Ek kan nog nie oor ons sukses in die hantering van moeilikhede praat nie, ons begin maar nou eers.”
“Ons bid ook elke oggend saam. Dit bepaal die stemming vir die dag. Die krag van gebed is groot en ek glo dat God sentraal tot jou huwelik moet wees. ’n Mens sien dalk nie dadelik ’n verandering nie, maar gebed werk,” sê Natassja.
Namibië is ‘huis’
Natassja is in Mariental gebore, maar James kom oorspronklik van Tanzanië en is in Dar Es Salaam gebore.
Daarna het hulle familie vir ’n tyd lank in Kenia gewoon, voordat hulle Namibië toe gekom het. James was toe 13 jaar oud.
“Toe ons uit Kenia weg is, was ek meer Keniaans as Tanzanies, nou is ek meer Namibies as Keniaans,” sê hy. Na soveel jare in Namibië het James intussen permanente verblyfreg gekry.
Hulle is baie gelukkig om in Namibië te woon. “Dit is nou ons tuiste. Ek weet nie of ons vir altyd hier sal woon nie, maar ek wil altyd my familie rondom my hê,” sê James.
“Ons grootste droom is om ons huwelik ’n vervullende en langdurige eenheid te maak. Een waarna ons eendag kan terugkyk en werklik op trots wees, sodat ons ons kleinkinders tot satwordens toe daarmee kan verveel.
“As God wil, sal ons ook daarvan hou om een van die dae meer lede by ons familie te voeg.”
Wat het hulle gewen?
James en Natassja se wenprys sluit retoervliegtuigkaartjies na Kaapstad, drie nagte se verblyf in die Three Cities Hotel in Franschhoek en ander bederwe met die komplimente van Trip Travel in.
Hul ander pryse sluit in twee nagte in ’n luukse suite by die Swakopmund Hotel & Vermaaklikheidsentrum, twee nagte in die wittebrood-suite by Sun Karros/Daan Viljoen, verblyf by West Nest Lodge, ’n gasstoof en yskas van Whirlpool, 6½ uur se behandeling by The Diplomat Hydro Spa, geskenkbewyse van Otto Mühr (N$3 000), N$5 000 van Böck Jewellers en N$2 000 van Seasons Boutique. Hulle het ook WMF-potte ter waarde van N$5 000 van Wecke & Voigts, Hannon-produkte van N$1 500 en geskenkpakkies van Hartlief en KWV gewen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie