Liefde in vlammehel
‘n LIEFDESTELEURSTELLING het Woensdagmiddag die stilte in die Greenwell Matongo-plakkersbuurt versteur toe vier mense, waaronder twee kleuters, se doodskrete teen ‘n gewisse vlammedood vanuit ‘n sinkhuis weergalm het. Die gedagte vir ‘n gesinsmoord het vermoedelik posgevat nadat die gewese liefman van meer as vier jaar, wat werkloos en sonder ‘n vaste tuiste is, se meisie hom in Augustus die trekpas gegegee het.
Dit was omstreeks 15:45 toe Immanuel “Imms” Beukes (40), wat ook as “Matisa” bekend staan, sy gewese liefmeisie, me. Irene /Uiras (27), hul twee seuntjies Ryno (4) en Rymond (2), asook Irene se tante en die eienaar van die huisie, me. Mina Jagger, plus homself in die plakkershut toegesluit het. Hy het die hele huis en al die mense, homself inkluis, met brandstof besprinkel en aan die brand gesteek.
Die besef van hul lot het die twee vroue se noodkrete wyd laat weerklink terwyl hulle met Beukes gestoei het om hom te verhinder om die vuurhoutjie te trek. Tot hul geluk het die ouer seun van me. Jagger, Rison Jagger, by die huis opgedaag, die hulpkrete gehoor en die sinkhuisdeur oopgeskop. Die twee vroue het probeer uithardloop, maar Imms het Irene aan die arm gegryp en weer die huis ingesleep en terselfdertyd ‘n vuurhoutjie getrek op haar klere wat reeds met petrol besprinkel is.
Me. /Uiras het verswelg deur vlamme, na buite gehardloop waar sy geval en deur buurmense te hulp gesnel is Imms het sy twee seuntjies gegryp en met hulle in die brandende huis ingehardloop. Van buite die huis het mense gesien hoe hy nog brandstof uit ‘n vyfliterhouer op homself uitgooi en brandsteek voor hy skreeuend om hulp en bedek deur vlamme weer na buite hardloop.
Sy twee seuntjies het ook wonderbaarlik brandend uit die huis gestorm waar buurmense en omstanders hulle te hulp gesnel het. Beukes is ook deur omstanders gehelp voordat die brandweer van die Windhoek munisipaliteit opgedaag en hom weggevat het. Die twee seuntjies en hul ma is inderhaas deur verskillende Samaritane na die Katutura hospitaal geneem.
Die familie en Rison Jagger, die eerste helper op die toneel, het Republikein gister vertel dat Imms Beukes, Irene en die vierjarige Ryno meer as 80 persent brandwonde opgedoen het. Die tweejarige Rymond het glo 30 persent brandwonde opgedoen. Kort voor saktyd gister het die nuus deurgekom dat Ryno weens sy brandwonde beswyk het. Die polisie ondersoek die saak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie