Lied vir die muskiet
JOHANN UYS SKRYF:
Die Nigeriese skrywer, Chinua Achebe, vertel in sy boek Things Fall Apart hoekom ’n muskiet altyd by ’n mens se oor sy aria (soos A D Keet dit noem in sy gedig “Muskiete-jag”) kom sing. Ek dra hierdie gediggie aan daardie twee groot geeste op.
Die muskiet kom by die oor
En sê dat sy hom diep bekoor
En as sy tog van hom ook hou
Of hy vir haar mag neem as vrou
Die oor slaan haar oë neer
en kyk hom deur
van toon tot kop
En kyk dan op
Sy tara hom met traan in oog
Sy sien geraamte, horingdroog
“Wat ek hier sien staan my nie aan
Net vel en been, so maer as kan
Al wat jy kan doen is sing en steek
Nee jy sal nie by my kom neuk
En jou leeftyd is tog maar twee weke
In twee weke, hoeveel steke?
Nee gaan, muskiet, gaan heen in vrede
Ek jaag jou weg met goeie rede
Jy kan na jou self nie kyk
Hoe sal jy ooit na my kan kyk?”
Bedroef gaan die muskiet toe heen
En sit daar by himself en ween
Maar kom elk aand na oor toe tog
En sing:”Ek lewe nog, ek lewe nog"
Die Nigeriese skrywer, Chinua Achebe, vertel in sy boek Things Fall Apart hoekom ’n muskiet altyd by ’n mens se oor sy aria (soos A D Keet dit noem in sy gedig “Muskiete-jag”) kom sing. Ek dra hierdie gediggie aan daardie twee groot geeste op.
Die muskiet kom by die oor
En sê dat sy hom diep bekoor
En as sy tog van hom ook hou
Of hy vir haar mag neem as vrou
Die oor slaan haar oë neer
en kyk hom deur
van toon tot kop
En kyk dan op
Sy tara hom met traan in oog
Sy sien geraamte, horingdroog
“Wat ek hier sien staan my nie aan
Net vel en been, so maer as kan
Al wat jy kan doen is sing en steek
Nee jy sal nie by my kom neuk
En jou leeftyd is tog maar twee weke
In twee weke, hoeveel steke?
Nee gaan, muskiet, gaan heen in vrede
Ek jaag jou weg met goeie rede
Jy kan na jou self nie kyk
Hoe sal jy ooit na my kan kyk?”
Bedroef gaan die muskiet toe heen
En sit daar by himself en ween
Maar kom elk aand na oor toe tog
En sing:”Ek lewe nog, ek lewe nog"


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie