Lichtenstrasser se regshulpaansoek goedgekeur
Lichtenstrasser se regshulpaansoek goedgekeur

Lichtenstrasser se regshulpaansoek goedgekeur

Kristien Kruger
Kristien Kruger - Die dubbele moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser, het vandag in die hoërhof in Windhoek verskyn vir voorverhoorverrigtinge waartydens sy aansoek om regshulp goedgekeur is.


Lichtenstrasser kon glo nie meer sy privaat prokureur, mnr. Trevor Brockerhoff, bekostig nie en het om regshulp aansoek gedoen.

Die saak is uitgestel om vir hom geleentheid te gee om ’n N$350 bydrae te betaal en vir sy nuwe verteenwoordiger om hom of haar met die inhoud van die saak te vergewis.

Die volgende voorverhoorverrigtinge is vir 23 November geskeduleer. Volgens hoërhofregter Christie Liebenberg beoog hulle om Desember met die verhoor te begin.

Lichtenstrasser word vir die moord op mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig beskuldig.

Die oorledenes was die Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se hoof en adjunkhoof. Hulle is op 15 April 2019 op Nimt se Arandis-kampus doodgeskiet.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer