Libanees in Namibië rou oor geliefde Beiroet

Familiewoning naby hawe erg beskadig

07 August 2020 | Ongelukke
Ronelle Rademeyer – Was dit nie vir ’n reis na Khartoum sowat 60 km suid van Beiroet vir die viering van die Moslem-fees Eid-oel-Adha nie, was die moeder en twee susters van ’n Libanese sakeman in Namibië dalk ook slagoffers van die vernietigende ontploffing Dinsdagaand in die Libanese hoofstad.

Hoewel hy al nagenoeg 30 jaar in Namibië woon en met ‘n Namibiër getroud is, is Libanon steeds sy tuiste en Beiroet sy hartstad.

Dié 55-jarige sakeman, wat verkies om nie sy naam te noem nie, sê hy is sowat drie minute nadat die ontploffing plaasvind het deur ’n vriend daaroor ingelig.

“My vriend by die Libanese ambassade in Pretoria het my gebel. Ons was as jong mans saam in die Libanese weermag,” het hy gister aan Republikein vertel.

Hy sê hulle familiewoning is “baie naby” aan die hawe waar meer as 2 700 ton ammoniumnitraat wat in ’n pakstoor geberg was, aan die brand geraak en ontplof het.

“My pa is verlede jaar dood en my ma en twee susters het vir Eid-oel-Adha na Khartoum gegaan om blomme op sy graf te plaas.” Hy sê dit is tradisie om tydens Eid-oel-Adha, wat van Donderdag tot Maandag gevier is, die grafte van ontslape geliefdes te besoek.

Minstens 135 mense is dood en meer as 5 000 mense is beseer in dié kragtige ontploffing waarvan die supersoniese skokgolwe skade aan nagenoeg 50% van die geboue in die stad aangerig het.

Ruite en deure is uit geboue geruk en balkonne het na benede getuimel. Sowat 250 000 inwoners is dakloos gelaat nadat hulle huise erg beskadig is.

Die Libanese sakeman sê groot skade is ook aan hul familiewoning aangerig.

Hy sê dit gaan die inwoners van Beiroet jare neem om die stad te herbou en weer op die been te kom.

Volgens hom is dit tans baie moeilik vir Libanese in die buiteland om hulle families in Beiroet te kontak. “Ons het die afgelope dae baie gesukkel om WhatsApp-oproepe daarheen te maak.”

Hy sê in teenstelling met die sowat ses miljoen mense in Libanon, woon daar nagenoeg 25 miljoen Libanese elders in die wêreld. Hulle kommer oor die veiligheid van geliefdes in Beiroet het internetverkeer na dié land skerp verhoog.

Intussen berig Reuters Libanon se pres. Michel Aoun het gesê die ammoniumnitraat, wat in kunsmisstowwe en bomme gebruik word, is ses jaar in die hawe gestoor sonder veiligheidsmaatreëls nadat in 2014 daarop beslag gelê is. Dit is op ’n Russiese vragskip gekonfiskeer.

Hy het in ’n nasionale toespraak gesê die regering is “vasbeslote om die voorval te ondersoek en uit te vind wat presies gebeur het, en om die verantwoordelikes en diegene wat nalatig was te ontbloot en aanspreeklik te hou”.

Die kabinet het ’n noodtoestand van twee weke in Beiroet afgekondig.

Familielede het gister nog by die afgesperde deel by die hawe saamgedrom om inligting te probeer kry oor die tientalle mense wat nog vermis word.

Baie van die mense wat dood is, het by die hawe of in die omgewing gewerk.

- [email protected]

Soortgelyk

 

‘Regering betaal vir sy sonde’

2 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Vandag se halfjaar-begrotingshersiening sal waarskynlik gekenmerk word deur ‘n nóg groter skuldlas, min - indien enige - verligting en die swaard van...

Veldbrande verswelg Etosha, Nina

2 ure gelede | In beeld

Terwyl daar gister vir die derde dag teen veldbrande in die Nina-omgewing (foto) geveg is, het ’n weeklange brand reeds 253 400 hektaar in die...

Drama oor wit uitlatings stoom voort

2 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Veral ná die pyn van Namibië se verlede behoort elke mens in die land as ’n individu beskou te word in plaas...

Young, Wild and Free Nikhita

2 ure gelede | Mense

Ester Kamati “I am unique because my journey is unique, my experiences in life, my thoughts, my words, and my actions make me unique.”Known for...

Prowealth-beleggers se eis oplaas gehoor

2 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Byna 12 jaar nadat die Prowealth-kaartehuis met die selfdood van die stigter van dié beleggingsgroep, mnr. Riaan Potgieter, ineengestort en tientalle beleggers...

Etosha-brand eis 253 400 ha

2 ure gelede |

Elvira Hattingh - Teen gistermiddag het brande wat reeds vir langer as ’n week in die Etosha Nasionale Park woed altesaam sowat 2 534 km2...

Weer, Dinsdag 20 Oktober 2020

2 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal voortduur in die verre noordelike streke. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Weste en die ||Kharasstreek. Elders...

Namibia Allied Youth Organisation strikes with essay contest

2 ure gelede | Skole

Enzo AmueleThe Namibia Allied Youth Organisation (Nayo) recently announced the winners of its just-ended Inspiring Through Literature essay contest, which began during Namibia’s first lockdown...

Development Bank of Namibia donates classrooms to rural school...

2 ure gelede | Onderwys

The Development Bank of Namibia (DBN) has donated a block of three classrooms valued at N$457 000 to Sakaria H Nghikembua Primary School in the...