Leyds draf op heelagter uit vir Stormers
Leyds draf op heelagter uit vir Stormers

Leyds draf op heelagter uit vir Stormers

Rugby
Stephen Nell



'n Besering aan sy gereelde heelagter, SP Marais, het die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, genoop om vir Dillyn Leyds op heelagter te kies vir môre se Superrugby-wedstryd teen die Crusaders.

Fleck sou in 'n later stadium in 'n oproep uit Nieu-Seeland die sluier oor die aard en erns van Marais se besering lig. Leyds se skuif heelagter toe beteken dat die Springbok Bjorn Basson op linkervleuel begin.

Met dié dat Siya Kolisi vandeesweek rus, sal die Bok-slot Eben Etzebeth die Stormers aanvoer. Pieter-Steph du Toit is van slot flank toe geskuif in Kolisi se plek. Gevolglik is Anton van Zyl Etzebeth se slotmaat.

Op vaskopstut is daar weereens rotasie, met Wilco Louw wat vir Frans Malherbe vervang. Dewaldt Duvenage is op sy beurt vandeesweek bo Jano Vermaak as skrum­skakel verkies. Die losvoorspeler Cobus Wiese is op die plaasvervangersbank nadat hy verlede naweek se wedstryd teen die Leeus met 'n skouerbesering misgeloop het.



Die Stormers-span is: Dillyn Leyds, Cheslin Kolbe, EW Viljoen, Dan du Plessis, Bjorn Basson, Robert du Preez, Dewaldt Duvenage, Sikhumbuzo Notshe, Pieter-Steph du Toit, Nizaam Carr, Chris van Zyl, Eben Etzebeth (kapt), Wilco Louw, Bongi Mbonambi, JC Janse van Rensburg. Reserwes: Ramone Samuels, Oli Kebble, Frans Malherbe, Jan de Klerk, Cobus Wiese, Jano Vermaak, Kurt Coleman, Dan Kriel. 

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer