Lewis ondersteun Chica
Lewis Stores Namibia het N$100 000 geskenk ter ondersteuning van kinders in Namibië wat teen kanker veg (Chica). Die skenking vorm deel van die maatskappy se korporatiewe maatskaplike beleggingsprogram om projekte te ondersteun wat die lewens van gemeenskappe positief beïnvloed. Die geld sal gebruik word om die Chica tydelike tuiste van die Kankervereniging van Namibië (CAN) te ondersteun wat kinders huisves wat in Windhoek behandeling ontvang. In die middel is mnr. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, saam met me. Kaylee van der Merwe en mnr. Strauss van Lewis Stores Namibia. FOTO VERSKAF


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie