Lewenslange vonnis vir pangamoord
‘n Inwoner van Otjiwarongo wat erken het hy het sy meisie op 19 Augustus 2016 met ‘n panga doodgekap, is lewenslank tronk toe gestuur. Josia Shimweefeleni (43) het die 28-jarige Frieda Ndalila Nambahu 45 keer met die panga oor haar kop, nek en rug gekap.
Shimweefeleni sal eers vir parool oorweeg word, ná hy 25 jaar tronkstraf uitgedien het. Staatsgetuies het tydens die hofsaak gesê hulle kon Nambahu nie te hulp snel nie, omdat die aanval in ‘n kamer plaasgevind het wat gesluit was. Hulle het die aanval deur ‘n venster aanskou. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie