Lettertipe bied uitkoms aan disleksiese leerlinge
Ronelle Rademeyer - 'n Ma van Otjiwarongo wil graag sien dat alle leerlinge met disleksie in Namibië toegang het tot skoolboeke wat in 'n spesiale lettertipe vir disleksielyers gedruk is.
Dít is haar droom nadat sy gesien het hoe haar eie kind se skoolwerk danksy hierdie lettertipe verbeter het.
Me. Retha Holtzkampf (43) het reeds met die Nasionale Instituut vir Onderwysontwikkeling (Nied) hieroor kontak gemaak en is genooi om 'n voorlegging voor te berei.
Haar seun, Estian (12), ly aan matige disleksie wat in Augustus 2011, toe hy in graad 1 was, gediagnoseer is. Hy is nou 'n graad 6-leerling by die privaatskool Edugate Akademie op Otjiwarongo.
Disleksie is 'n ontwikkelingsversteuring wat 'n kind se vermoë om te leer lees, beïnvloed. Dit hou nie met intelligensie verband nie. Kinders wat aan disleksie ly, presteer daarom dikwels ver benede die verwagte vlak van sy of haar intelligensie, verduidelik Retha.
Sy sê die pad wat sy en Estian sedert sy graad 1-jaar gestap het, was nie maklik nie. “Ek het baie waardering vir Edugate en sy onderwysers,” sê sy, maar voeg by dat dit veral tuis is waar hard gewerk moet word om 'n kind met disleksie se selfbeeld te verbeter.
'Letters skuif rond'
“Ek is in 2011 gekonfronteer met iets wat nie deel was van my verwysingsraamwerk nie. Vir disleksielyers staan net die eerste en die laaste letter in 'n woord stil. Die letters tussenin skuif rond as hulle lees, of dit is hoe hulle dit ervaar,” vertel Retha.
“Kinders met disleksie moet baie harder werk as hul maats. Dit is baie belangrik dat hulle weet hulle het 'n reg en 'n plek in die gemeenskap.”
Sy kry trane in haar oë as sy vertel wat 'n reuseverandering in Estian se lewe plaasgevind het toe sy in Augustus verlede jaar gehoor het van die spesiale disleksie-lettertipe.
Dié lettertipe is in 1981 deur Christian Boer ontwerp. Boer, self 'n disleksielyer, was in daardie stadium 'n kunsstudent aan die Kunsakademie in Utrecht, Nederland.
“Dit is gratis op die internet beskikbaar en enigiemand kan dit aflaai.” Die lettertipe is swaarder en meer gerond aan die onderkant, wat die letters as't ware vir die disleksiese leser “anker”, vertel Retha.
Sy het dadelik aan die werk gespring en al Estian se werk in dié lettertipe omgeskakel.
Die resultaat was verstommend. Hy het vir die eerste keer 80% en meer vir sy toetse begin kry.
Hy het self 'n meriete-toekenning gekry vir sy prestasie tydens die skool se prysuitdeling aan die einde van verlede jaar.
“Ek wil graag sien dat dit met elke ander disleksiese leerling in hierdie land gebeur. En al hoe dit moontlik is, is as die ministerie van onderwys die waarde daarvan besef om 'n hoeveelheid van die skoolhandboeke in hierdie lettertipe te laat druk,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie