Letshego betaal werkers glo te min
Augetto Graig - Die Unie van Namibiese Finansiële Instellings (Nafinu) se woordvoerder, Asnath Zamuee, beweer werknemers van Letshego Bank Namibia ontvang die kleinste beloning in die plaaslike banksektor.
Sy het tydens ''n mediakonferensie verlede week gesê Letshego se beloning kan nie met die res van die bedryf vergelyk word, aangesien die bank glo nie eens voordele soos vervoer of behuising aan werknemers bied nie.
By navraag het Ester Kali, uitvoerende hoof van Letshego Bank Namibia, gesê samesprekinge oor personeelaangeleenthede word tans met Nafinu gevoer. “Ons uiteindelike prioriteit is om ''n wedersydse voordelige oplossing in die belang van Letshego Namibia se personeel en die maatskappy te bereik,” het sy aan Republikein gesê.
Die Bank of Namibia (BoN) het in Julie vanjaar goedkeuring aan Letshego verleen om ''n volwaardige handelsbank plaaslik te vestig. Voorheen het dit as mikrolener onder die vaandel van Letshego Financial Services Namibia sake gedoen.
Die Letshego-groep het verlede jaar die meeste groei in Namibië getoon met meer as 100 000 staatsamptenare wat lenings by dié instelling aangegaan het. Die groep is ook in Kenia, Lesotho, Mosambiek, Nigerië, Rwanda, Swaziland, Tanzanië en Uganda werksaam en het verlede jaar N$1,4 miljard wins voor belasting gemaak.
Zamuee meen dis onaanvaarbaar dat werknemers so min verdien, terwyl die groep sulke wins toon. Sy sê hongerloon was hoog op die agenda tydens Nafinu se vergoedingsonderhandelinge met Letshego.
Volgens haar moes die vakbond wag sodat die bank vergelykende studies oor vergoeding in Namibië kon doen. Die bevindinge hiervan is nooit met Nafinu gedeel nie, beweer sy.
“Hoekom is dit so ''n geheim as dit nie vir die meerderheid van ons lede van nut is nie? Ons eis markverwante salarisse van Letshego Bank Namibia,” het sy gesê.
Nafinu beweer voorts dat ''n doodskis met ''n spieël maande lank in Letshego-kantore gestaan het. Werknemers is glo gedwing om daarin te kyk om hulle te motiveer om harder te werk.
Hierop het Kali geantwoord: “Natuurlik weet jy dis nie waar nie.” Sy het egter geen verdere kommentaar op Republikein se skriftelike vrae hieroor gelewer nie.
Kali sê sy respekteer die reg van werknemers om protes aan te teken, solank dit binne die raamwerk van die gesamentlike onderhandelingooreenkoms geskied. “Ons sal voortgaan om al die betrokke partye te betrek om ''n wedersydse, voordelige oplossing te kry,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie