Lesersfoto's 3 Desember 2020

Tanja Bause
Silhoeët: “Ek het die foto langs die Zambezirivier by Gondwana se Mubala Lodge geneem,” sê Jaco Oosthuizen.

Van ouds: “Skoene van gister op Kolmanskop,” sê Toy Dorfling.

Vervalle: Björn Basler het die foto van die ou kaai op Lüderitz geneem.

Dors: Hein Davids het die koedoe afgeneem wat by die lodge kom water drink het.

Besigheid: Soutkristalle te koop en ’n stille vertroue dat jy dit nie sal neem sonder om te betaal nie. Die foto is deur Elvi Hattingh ingestuur.

Mooi: Stefan Arthur van Wyk het die foto van die Duitse kerk op Swakopmund geneem.



Spieëlbeeld: Ikey de Vries het die foto van die sonsondergang voor Swakopmund geneem.

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer