Lesersfoto's 26 Mei 2021

Tanja Bause
Lief julle: “Ouma Annie Thompson en haar kleinkinders op Omaruru,” sê Baverly Thompson.

Pragtig: Luchelle Richter vier Namibië se 31ste verjaardag in haar tradisionele kleurvolle drag,” sê Mssenorita Fourie.

Heerlik: “Hier is 'n foto van Zané van den Heever waar sy lekker afkoel op die mooiste oosweer-skemeraand hier op Agate-strand op Lüderitz,” sê Philip Balhao.

Kwaad: “Junior Adams is 11 maande oud,” sê sy mammie Catherine Adams.

Familie: Andrya, Hope, Zia, Anthony en Chriswill, deur Lalie van Wyk afgeneem.

Lekker: “Nou gaan ek by ouma swem,” sê Tersia Bredenkamp.

Veels geluk: “Zayden van der Westhuizen het onlangs vier jaar oud geword. Hier spog hy op sy scooter, ’n geskenk van mamma af, met sy gesiggie vol van sy verjaardagkoek,” sê Zenobia.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer