• Tuisblad
  • Sake
  • Leonie Prinsloo Namibia Dairies se nuwe besturende direkteur
Leonie Prinsloo Namibia Dairies se nuwe besturende direkteur
Leonie Prinsloo Namibia Dairies se nuwe besturende direkteur

Leonie Prinsloo Namibia Dairies se nuwe besturende direkteur

Elvira Hattingh
Sedert 1 Julie 2020 het me. Leonie Prinsloo amptelik die rol as besturende direkteur van Namibia Dairies, 'n filiaal van die Ohlthaver & List (O&L)-groep oorgeneem.

Prinsloo het voorheen die pos as hoof van bemarking by Namibia Dairies beklee.

Prinsloo, oorspronklik vanuit die telekommunikasie-wêreld, het in 2011 by O&L as handelsmerkbestuurder by Namibia Dairies aangesluit. Daarna het sy bemarkingshoof geword en was sy ook vir drie maande lank die waarnemende hoof van bemarking by Hartlief - voor haar bevordering tot MD.

Prinsloo sê sy is entoesiasties oor die posisie, maar erken dat groot uitdagings vir Namibia Dairies en die suiwelbedryf in die geheel voorlê.

“Ek is baie opgewonde om met hierdie nuwe rol te begin, maar ek weet dit sal nie 'n maklike reis wees nie.

“Dit was aanvanklik moeilik om nie oorweldig te voel nie, aangesien daar soveel dringende probleme is om in ag te neem, wat insluit Covid-19, voedselsekerheid en werkskepping.

“Dit is 'n groot verantwoordelikheid en ek voel baie nederig en geëerd dat ek gekies is om in hierdie rol te lei en om as ‘n vrou in die leierskorps verwelkom te word.”

Kommentaar

Republikein 2026-09-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer