Lentedag blom vir toerisme
Lentedag blom vir toerisme

Lentedag blom vir toerisme

Onsekerheid heers nog oor die implementering van die protokol.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Die toerismebedryf hoop lentedag blom vir hulle met buitelandse toeriste wat vanaf 1 September via die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) Namibië kan besoek.

Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het Dinsdag die nuwe implementeringsprotokol vir die internasionale toerismeherlewingsplan aangekondig.

Die toerismesektor is verheug oor die aankondiging, maar daar is nog onsekerheid oor die praktiese toepassing van die protokol.

PROTOKOL

Buitelandse toeriste kan nie die land per pad binnekom nie, maar slegs op HKIA land.

Die protokol behels onder meer dat alle toeriste ’n negatiewe Covid-19-toets, nie ouer as 72 uur voor hul vlug, moet toon.

Alle toeriste moet vir sewe dae by hul eerste verblyfplek van bespreking bly wat by die Namibië Toerismeraad (NTB) geregistreer en deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste goedgekeur is. Hulle moet direk vanaf die lughawe na hul verblyfplek reis waar hulle aan aktiwiteite soos wildbesigtigingsritte mag deelneem.

Toeriste moet ’n plaaslike selfoonnommer bekom en te alle tye bereikbaar wees. Alle toeriste sal op hul vyfde dag by hul verblyfplek weer vir Covid-19 getoets word en die uitslae sal op die sewende dag beskikbaar wees wat sal bepaal of hulle verder kan reis.

Akkommodasieplekke moet voor gaste arriveer ’n gesondheidsertifikaat kry.

Volgens die minister sal die protokol elke twee weke hersien word.

“Hierdie protokol is deur die ministers van die omgewing, bosbou en toerisme; gesondheid en maatskaplike dienste; en binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit onderteken,” het Shifeta gesê.

“Dit is ’n belangrike stap om die toerismesektor weer op dreef te kry en ek is vol vertroue dat ons die noodsaaklike sektor weer sal laat groei sonder om toeriste en Namibiërs se gesondheid in gevaar te stel.”

ONSEKERHEDE

Die uitvoerende hoofde van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, en Namibië Professionele Jagvereniging (Napha), me. Tanja Dahl, verwelkom die aankondiging.

Hulle hoop lugrederye is reeds genader om die roetes na Namibië so gou as moontlik weer te hervat.

“Ons sien dit as 'n bewys dat die Namibiese regering die belangrikheid van die toerismebedryf besef en ons sektor toelaat om ons beplanning – al is dit op klein skaal – en bedrywighede te kan hervat,” het Paetzold gesê.

Sy sê die algehele hervatting van normale toerismevloei is nie heeltemal moontlik nie, “omdat baie min van die toeriste ’n volle sewe dae op een plek sal wil bly, maar dit gee ons die kans om spesiale pakkette saam te stel, om mense uit te nooi om die vryheid, oop ruimtes en die natuurskoon, saam met die vars lug en sonskyn van Namibië te kom geniet”.

Dahl sê die bepaling om vir die eerste sewe dae by een plek te bly, is oor die algemeen minder problematies vir jagters as vir dié op ’n fotosafari.

“Die grootste onsekerheid is hoe die gesondheidsministerie ’n tweede toets op die toeriste gaan uitvoer en die tydsduur van die beskikbaarheid van resultate.”

Dahl sê ’n verdere bron van onsekerheid is die presiese prosedure en tydsduur van registrasie by die gesondheidsministerie sodat verblyfplekke aan protokolvereistes voldoen.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%