Lentebuie ontleed
Met reën wat vroeg vandeesweek plek-plek uitgesak het, wou Namibiërs weet of die land 'n goeie reënseisoen kan verwag.
Francoise Steynberg
Volgens geskiedkundige reënvalsyfers is die reënseisoen gemiddeld laer as hoër as dit in Augustus of September reën, en as dit in Oktober reën, het dit nie juis 'n invloed op die reënseisoen nie.
Só sê mnr. Gys Burger, 'n wateringenieur, op die Facebook-blad “Reën in Namibia” nadat hy geskiedkundige reënvalsyfers sedert 1891 ontleed het.
Dit volg ná vroeg vandeesweek se lentebuie wat in Windhoek, Otjiwarongo en plek-plek in die Suide uitgesak het. Namibiërs wou weet as dit in die lente reën, kan 'n goeie reënseisoen verwag word?
Burger het dié reënvalsyfers van Windhoek op die webtuiste weather.namsearch.com (http://weather.namsearch.com/Windhoekrainhistory.php) opgespoor, wat meer as 'n eeu se data verskaf. Hy het gesê daar is sleuteldata van meestal in die tagtigs en negentigs vermis en die data is maandeliks opgeteken.
“Ek wil ook net duidelik maak dat net een reënstasie se analise beskikbaar was en dit van ander gebiede in Namibië kan verskil,” het Burger gesê.
Hy sê vir 109 jaar was 40 reënseisoene bogemiddeld en 69 ondergemiddeld, met 'n ratio van 37% bogemiddeld en 63% ondergemiddeld.
“Wanneer dit in Augustusmaande gereën het, was die reënseisoen 20% bogemiddeld en 80% ondergemiddeld. Dit het slegs 15 keer in Augustus volgens die data oor 109 jaar gereën,” verduidelik Burger.
“Vir September was die ratio tussen bogemiddeld en ondergemiddeld 28%:72%. Vir Oktober is die ratio 34%:66% wat naby die algehele ratio is.”
Burger sê dit beteken “volgens die geskiedkundige rekord as dit in Augustus of September reën, is die reënseisoen gemiddeld laer as hoër, en as dit in Oktober reën, het dit nie juis 'n invloed op die reënseisoen nie”.
Hy het dieselfde analise vir die laaste tien jaar vir die reënseisoen vanaf 2008/9 tot 2017/18 van reënvaldata gedoen. Hy sê in die afgelope tien jaar was daar vyf bogemiddelde en vyf ondergemiddelde reënseisoen wat basies 50:50 is.
“Vir die twee keer wat dit in Augustus gereën het, was daar ondergemiddelde reënseisoene. Vir September is die ratio tussen ondergemiddeld en bogemiddeld 57%:43% en vir Oktober is dit 33%:67%. Dit beteken dat vir die laaste tien jaar, het reënval in September gevolg tot 'n bogemiddelde reënseisoen en ondergemiddeld vir Oktober.”
Burger meen die analise vir die afgelope tien jaar verskil nogal drasties van die oorhoofse 109 jaar.
“Dit is die laaste tien jaar wat ooreenstem met die bogemiddelde reënseisoene,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie