Lekkerrr rugby
Lekkerrr rugby

Lekkerrr rugby

Mandy Rittmann
ROBBIE THOMPSON SKRYF: Dis nou regtig tyd dat ons weer live rugby kyk, of liewer op video en lees daarvan!

Die NRU se rugbyligas het afgeskop en die afgelope twee weke se aksie was genoeg om ’n hele Covid-jaar te vul. Welkom aan Grootfontein in die premierliga. Dit lyk asof die een rondte liga beslis maak of breek is. Kortliks my beskeie menings.

LIGAPROGRAM

Lyk die tafel is gedek en spanne sal beslis hulle tuiswedstryde moet wen, want tweede kanse is skraps.

As ons kyk na klubs met 4 tuiswedstryde, Kudus, Rehoboth, Unam en Grootfontein, het hulle ietwat van ’n voorsprong maar dit lyk in die geval van Unam, Reho Falcon en Kudus het dinge maar lelik skeefgeloop. Uiteraard sal klubs wil seker maak van tuiswedstryde en mik na tussen 12 en 16 ligapunte.

Die met drie tuiswedstryde, naamlik United, Suburbs, Wanderers en Reho Falcon, sal wil staal wys, want eersgenoemde drie is immers voormalige ligakampioene. [ Falcon ook! – Red. ]

Wegwedstryde is maar ’n onseker affêre as mens deesdae kyk hoe goed spanne mekaar ken en voorberei. Daar lê ook so tussen 10 en 12 punte om op te tel.

Bygesê, Grootfontein het stewige bonuspunte in die sakkie en Rehoboth twee goeie wenne. Maar daar lê beslis nie meer ’n lang pad voor nie! Sterkte aan alle klubs.

ONDERONSIE BY UNAM

Kyk, hier is die tonge behoorlik los. En vir eens vir rugbyredes!

Videomateriaal en beriggewing wys van die insidente en bespiegelinge vier hoogty. Laat my dan ook die losgemaal join.

Haker en skrumskakels gaan jou alie krap, dis ’n gegewe. Stutte se werk is om hulle te beskerm.

Talle staaltjies het kop uitgesteek en die rondte gedoen. Hier is ’n paar:

1) Dalin Botha se Rehoboth speel nou baie beter vandat hulle self kwarantyn (hekke toemaak) en hy het ook nie die fight begin nie. Sy reputasie is uitgedien, seg hy.

2) Thomas Kali kan namens Anthony Jarman revenge vat teen daai bokser van Bo Afrika. Sunshine Boks se base en MTC stel belang. Bigman en Simon lyk na goeie prospects.

3) Daar's nog plek vir Gerhard Thirion vir die Tokyo Spele in die Namibiese stoeispan.

DIE VERHOOR

Ek hoor dat almal op hete kole is en met strak gesigte by die unie rondhang. Manne chill, dis rugby, nie sokker nie.

Ek hoop en vertrou die saak word so gou moontlik afgehandel in almal se belang. Om voorspellings te waag oor die moontlike uitkoms is roekeloos en gevaarlik.

Terloops, wat gebeur met die ref as hy ’n game afblaas? Is daar ’n saak uit te maak nie? Vra maar net.

COVID-TOESKOUERS EN PERSONEEL

Dit word verwys na slegs die mense wat wedstryde kan bywoon en waarneem. Seg die moedswilliges: "Ek gaan Covid Rehoboth en Unam se game."

Hopelik sal bogenoemde baie spoedig iets van die verlede wees.

Sterkte vorentoe aan alle klubs.

In rugbygees.

PS. Moet asseblief nie daai spelers my huisadres gee nie!

Kommentaar

Republikein 2026-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer