Leinster vee die vloer met Bulle
Rugby
Tinus van Staden – Enigiemand wat gedink het die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) gaan enigsins makliker as Superrugby wees, sal ná Saterdagaand se kragmeting tussen die Bulle en Leinster in Dublin anders dink.
Leinster is 'n ongelooflike indrukwekkende span. Hulle het Suid-Afrika se beste span welverdiend met 31-3 geklop.
Die tuisspan het ná 13 minute se spel reeds met 17-0 voorgeloop danksy drieë deur Josh van der Flier en Andrew Porter ná goeie samespel.
Daarna het die Bulle groot durf gewys om te probeer terugveg, maar vrek . . . om Leinster se verdedigingslinie oop te kloof, blyk ewe moeilik te wees as vir Suid-Afrika om van die Verenigde Koninkryk se Covid-rooilys af te kom.
Leinster speel – ironies genoeg – baie soos die Springbokke. Hulle gebruik hangskoppe om die teenstanders onder druk te plaas, het 'n aggressiewe verdedigingspatroon en is sterk in die vaste fasette.
Hulle kan egter ook goed met die bal in die hand speel en vind gereeld aansluiting tussen voor- en agterspelers. Van der Flier en sy flankmaat Rhys Ruddock was enorm, sowel as die woelige haker Dan Sheehan.
Die strydros-losskakel, Johnny Sexton, het sake beheer en die vleuel James Lowe was ook bedrywig.
Die Bulle het geleenthede gehad, maar kon dit nie benut nie. Hul lynstane het nie goed gefunksioneer nie – Bismarck du Plessis het duidelik meer tyd nodig om aan sy nuwe span se patrone gewoond te raak.
Die Bulle-vleuel Madosh Tambwe is net voor rustyd oor die doellyn, maar 'n aanslaan in die opbou tot die drie het die vyfpunter uitgeskakel. Dít kon sake dalk so effens anders laat lyk het.
Leinster se verdediging is egter skitterend. Hulle is beslis die span om te klop in die VRK.
• Puntemakers:
Leinster 31 (17): Drieë: Josh van der Flier, Andrew Porter, James Tracy, Ross Byrne. Doelskoppe: Johnny Sexton (3), Byrne. Strafdoel: Sexton.
Bulle 3 (3): Strafdoel: Johan Goosen.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie