Leierskap op WEF-jaarberaad bespreek
Francois Williams - 'n Rekordgetal van 3 000 politici, sakelui en mense uit die burgerlike samelewing word vanaf 17 tot 20 Januarie verwag by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se jaarberaad by die Switserse ski-oord Davos.
Dié jaarlikse dinkskrum van die wêreld se elite word beskou as van die duurste en gewildste praatsessies op die sakekalender.
Die tema van vanjaar se beraad is deelnemende en verantwoordelike leierskap, en die vier kritieke uitdagings waarop gefokus gaan word is: Om internasionale samewerking anders te bekyk, hoe om die wêreldekonomie nuwe lewe te gee, hoe om kapitalisme te hervorm, en voorbereiding vir die vierde nywerheidsrevolusie.
Luidens 'n mediaverklaring van die WEF met sy hoofkantoor in Genève, Switserland, is die jaarberaad vanjaar die mees diverse een nog, met 'n derde van alle deelnemers wat van buite Europa en Noord-Amerika kom en 'n derde van sektore buite die sake- en staatsektor staan.
Suid-Afrika stuur gewoonlik ook 'n sterk afvaardiging van ministers, amptenare en sakelui met die doel om regstreekse buitelandse investering na die land te lok en bande te bou. In 1999 het oudpres. Nelson Mandela self die beraad bygewoon.
Die afgelope jare het Suid-Afrika gesukkel om 'n samehangende boodskap by die jaarlikse beraad uit te straal, met veral pres. Jacob Zuma se rympie van “Suid-Afrika is oop vir besigheid” wat 'n toenemend vals noot kry.
Prof. Klaus Schwab (78), stigter en uitvoerende voorsitter van die WEF, sê die wêreld verander teen 'n ongekende spoed en 'n nuwe model van leierskap is nodig. “Ons tradisionele begrip van die samelewing, die nasiestaat en wat betekenisvolle indiensneming beteken, word bevraagteken en baie mense voel begryplik onseker en selfs bedreig.”
Meer as 70 lande woon die beraad op ministersvlak by, en benewens die nuwe sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, wat dit sal bywoon, gaan die beraad deur pres. Xi Jinping van China geopen word. China het vanjaar die grootste afvaardiging amptenare by die beraad sedert die land dit vir die eerste keer in 1979 bygewoon het.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie