Leierskap eerder as bloedlyne die maatstaf
ANONIEM SKRYF:
Ek doen ’n vriendelike en ’n nederige beroep op die Afrikaners-lHôalAranllAixallAes om met alle versigtigheid die aanwysing/benoeming van ’n volgende Gaob of Gaos te hanteer. Die sogenoemde “Royal House” en bloedlyne werk nie meer 100% nie.
As daar mense onder die volk is met die leierseienskappe en die nodige kundigheid en potensiaal het, moet hulle ook raakgesien en kans gegee word om die posisie van ’n Gaob/Gaos te beklee. Ek weet dat hierdie volk daardie tipe mense het. U ken die verlede, u weet waardeur u gegaan het ná die afsterwe van Gaos Hendrina Afrikaner, dit was die moeilikste tyd.
Die volk was in twee geskeur, maar dinge het tog verander. Bou nou verder op dit wat wyle Gaob Eduardt Afrikaner met sy raad opgebou het. Ek wens die huidige raad sterkte toe, mag die Here vir u die nodige wysheid gee.
Aan almal: Soek vrede, vermy onnodige struwelinge en konflikte, beweeg na mekaar, vat mekaar se hande, respekteer mekaar en doen alles onder gebed. Waak daarteen dat die aanwysing/benoeming van ’n Gaob/Gaos u nie verdeel en in groepies opdeel nie. Werk saam met die huidige raad, luister na hulle en vermy “nagtelike vergaderings”, want dit is die broeiplek van verdeeldheid en rugstekery!
Pasop vir foutsoekerigheid en agterdogtigheid: dit plaas jou in 'n droomwêreld van verwoesting en jy glo dinge wat nie opbouend is nie. Wees positief, vertrou mekaar en beweeg in een rigting, dan sal die vrede van God wat alle verstande te bowe gaan, met u almal wees. Amen!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie