Leiers vereer Kooitjie
Leiers vereer Kooitjie

Leiers vereer Kooitjie

Hoës het mond uitgespoel oor die terugbesorging van hoofman Hendrik Witbooi se artefakte, asook die voortslepende hofsaak in New York.
Leandrea Louw
Leandrea Louw - Die ontslape Topnaar-hoofman mnr. Seth Madawab Kooitjie is Saterdagmiddag op Soutrivier, sowat 125 km van Walvisbaai af begrawe.

Kooitjie is op 24 Januarie op pad hospitaal toe ná ‘n asma-aanval dood.

Hy was 65 jaar oud.

Kooitjie was die Topnaar- tradisionele owerheid se hoofman vir 39 jaar en het sy pa, mnr. Esau Sanaseb Kooitjie, in 1980 opgevolg. Hy was toe 27 jaar oud.

Verskeie sprekers uit tradisionele owerhede en ministeries het hom as ’n lojale, sorgsame en visionêre leier beskryf.

Hy is ook uitgesonder as ‘n ekonomiese vryheidsvegter vir sy mense, wat altyd op die uitkyk was vir maniere om die Topnaars se lewensonstandighede te verbeter.

Hy was ook een van die stigterslede van die Nama- Tradisionele Leiersvereniging (NTLA) en het tot sy dood as voorsitter gedien.

Me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, het die ontslape hoofman as ‘n streng, eerlike en hardwerkende leier beskryf.

“Hy het vir sy mense opgestaan en was altyd op die regte tyd vir die regte redes kwaad. Hy sou eerder ander as homself bemagtig,” het sy gesê.

Sy het beklemtoon Kooitjie het onafgehandelde projekte agtergelaat en die Topnaars moet ‘n sterk leier met toekomsvisie kies om voort te gaan.

“Moenie ‘n nuwe leier oorhaastig kies nie. Neem jul tyd en volg die regte prosedures.”

Wat veronderstel was om ‘n dag van rou vir Kooitjie se familie te wees, het in ‘n geleentheid ontaard vir tradisionele leiers om mond uit te spoel oor die terugbesorging van hoofman Hendrik Witbooi se artefakte, asook die voortslepende hofsaak in New York oor vergoeding vir die Nama- en Ovaherero-volksmoord van 1904 tot 1908.

Hoofman Vekuii Ruukoro van die Ovaherero- tradisionele owerheid en hoofman Petrus Kooper, ondervoorsitter van die NTLA, het die regering van onwettige diskriminasie en die oortreding van die wet beskuldig deur Witbooi se artefakte as staatseiendom te probeer hou.

Volgens hulle moet dit aan die Namas terugbesorg word, soos in die geval van die Ombalantu-ritueelsteen, wat in 2014 aan die Obalantu- tradisionele owerheid terugbesorg is.

Volgens Kooper word sowat sewe Nama tradisionele owerhede weens “onopgeloste geskille” onder mekaar nie erken nie.

“Maak van gewoontereg gebruik om geskille onder tradisionele leiers te besleg. Leer uit Kooitjie se leierskapstyl – hy wou altyd net die beste vir sy mense hê,” het hy gesê.

Die minister van die omgewing en die toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het die tradisionele leiers gemaan om op te hou onmin onder mekaar saai.

Hanse-Himarwa het vir samehorigheid onder leiers gevra.

“As ‘n kind van die Nama is daar ‘n behoefte aan vrede, eenheid en vooruitgang onder ons tradisionele leiers. Ons kan nie vooruitgang verwag as daar nie liefde en respek onder mekaar is nie.

“Dit is outyds en vervelig om die eindelose gekibbel onder die stamme gade te slaan. Ek is moeg en skaam daarvoor om met hierdie geskille verbind te word. Dit is kinderagtig. Julle moet na die groter prentjie kyk en onselfsugtig wees in jul beslegting van geskille. Dink aan die mense in die verskillende stamme, dié wat die meeste onder hierdie geskille ly. Leer uit die wysheid van koning Salomo en doen die regte ding.”

Volgens haar sal die regering hoofman Hendrik Witbooi se Bybel en sweep vandeesmaand na Namibië terugbring.

Op 27 Februarie sal die ministerie en ‘n afvaardiging van Duitsland ‘n simboliese besoek aan Hornkranz bring.

Die dag daarná sal ‘n optog van Windhoek na Gibeon, deur Rehoboth, Kalkrand en Mariental gelei word.

Die historiese artefakte sal dan na Gibeon geneem word, waar dit op 1 Maart amptelik aan president Hage Geingob oorhandig sal word.

‘n Gesertifiseerde kopie van die Bybel sal aan ‘n aangewese lid van die Witbooi-stam oorhandig word.

Die regering beplan om die Hendrik Witbooi-gedenkmuseum op te rig, waar die oorspronklike dokumente en ander artifakte tentoongestel sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.59/OZ DOWN -0.0108 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0089 | Zinc US$ 2 905.00/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP UP +0.40% | Platinum US$ 965.26/OZ UP +1.02% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.59/OZ DOWN -0.0108 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0089 | Zinc US$ 2 905.00/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP UP +0.40% | Platinum US$ 965.26/OZ UP +1.02%