Legare-stadion reg vir skouspel
Sokker
Vier wedstryde in die kwarteindronde van die Debmarine-beker gaan môre op Gobabis beslis word wanneer die laaste agt oorblywende spanne mekaar pak.
In die eerste wedstryd om 12:00 takel Mighty Gunners van Otjiwarong en Try Again (Keetmanshoop) mekaar terwyl Tura Macic en Civics (beide Windhoek) in die tweede botsing stelling inneem. Die volgende kragmeting vind tussen Young African (Gobabis)en Rundu Chiefs plaas, voordat Young Chiefs (Oshakati) en Eastern Chiefs (Gobabis) die finale vertoning lewer.
Môre se verrigtinge sou reeds om 11:00 afgeskop het, maar met oorlede Robbie Savage se begrafnis wat ook môre plaasvind, het die Namibiese Sokkervereniging (NSV) besluit om die program met ’n uur te vertraag.
“Toe die tye van die wedstryde bepaal was, het ons nie voorsien dat Namibië se grootste sokkerondersteuner sou sterf nie. Robbie verdien om deur almal gegroet te word wat hom geken het en ons glo talle mense sal na sy teraardebestelling vanaf Windhoek na Gobabis vir die sokker reis. Dit gee ook die mense genoeg tyd om voorbereidings vir môre se groot dag af te handel,” het Barry Rukoro, sekretaris-generaal van die NSV gesê.
Elke klub ontvang N$20 000 vir hul deelname aan die kwarteindstryd en semifinale om koste te help dek. Dié bedrag sal vir die eindstryd van die Debmarine-beker tot N$30 000 verhoog word. Môre ontvang die speler van die wedstryd ’n tjek van N$1 500, terwyl sy eweknieë in die semifinale en eindstryd N$2 000 en N$5 000 sal ontvang. Debmarine verdubbel die bedrag en elke speler moet ’n welsynsorganisasie van sy keuse aanwys aan wie die geld geskenk word.
Kaartjies vir môre se groot dag kos N$20 en is by Computicket en hek van die stadion beskikbaar.
• ’n Troosdiens vir wyle Robbie Savage word vanaand om halfsewe by die Katolieke kerksaal in Windhoek aangebied, voordat sy begrafnis is môreoggend (agtuur by die huis en vanaf 09:00 by die Katolieke kerk). - NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie